Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 1/15 bl. 32
  • Wanneer Christene soos koring gesif word

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer Christene soos koring gesif word
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 1/15 bl. 32

Wanneer Christene soos koring gesif word

KORT voor sy dood het Jesus sy dissipels gewaarsku: “Kyk! Satan het julle geëis om julle soos koring te sif” (Luk. 22:31). Wat het hy hiermee bedoel?

In Jesus se dag het dit baie tyd en inspanning geverg om koring te oes. Eers het die snyers koringhalms op die land bymekaargemaak. Dan het hulle die halms teen ’n harde oppervlak geslaan of plaasdiere gebruik om ’n dorsslee oor die halms te trek sodat dit breek. Hierdie proses het die graan losgemaak van die halms en die doppe. Daarna het die boere dit alles in die lug opgegooi. Die graankorrels het teruggeval op die dorsvloer, terwyl die bries die kaf weggewaai het. Laastens is die korrels deeglik gesif om enige ongewenste stowwe te verwyder.

Net soos Jesus gesê het, het Satan destyds Jesus se dissipels meedoënloos aangeval, en hy val ons vandag aan (Ef. 6:11). Nie elke probleem waarvoor ons in die lewe te staan kom, word weliswaar regstreeks deur Satan veroorsaak nie (Pred. 9:11). Satan is nietemin gretig om enige middel tot sy beskikking te gebruik om ons onkreukbaarheid te ondermyn. Hy kan ons byvoorbeeld in die versoeking bring om ’n materialistiese lewenstyl te volg, om onheilsame vermaak te kies of om ons aan geslagsonsedelikheid skuldig te maak. Hy kan ook skool- of werksmaats en ongelowige familielede gebruik om druk op ons uit te oefen om alles wat hierdie wêreld met betrekking tot geleerdheid en loopbane bied, ten volle na te jaag. Verder kan Satan direkte vervolging gebruik om ons onkreukbaarheid teenoor God te probeer ondermyn. Daar is natuurlik baie ander maniere waarop Satan ons as ’t ware sif.

Hoe kan ons teen hierdie kragtige vyand staande bly? Ons kan dit nie in ons eie krag doen nie. Satan is sterker as ons; maar ons weet dat Jehovah oneindig sterker is as Satan. As ons ten volle op Jehovah vertrou, ernstig bid vir die wysheid en moed om te volhard en ten volle op sy leiding staatmaak, sal hy ons versterk sodat ons Satan se aanvalle kan weerstaan.—Ps. 25:4, 5.

Wanneer ons beproef word, moet ons die vermoë hê om te “onderskei wat reg sowel as verkeerd is” en sodoende keer dat ons deur Satan se planne mislei word (Heb. 5:13, 14). Jehovah kan ons help om hierdie vermoë te ontwikkel. Dan moet ons op die regte weg bly, kom wat wil. As ons Jehovah se leiding volg, sal hy ons altyd steun in ons moedige vasbeslotenheid om te doen wat reg is.—Ef. 6:10.

Satan sal ons soos koring probeer sif. Maar in Jehovah se krag kan ons hom weerstaan, vas in die geloof (1 Pet. 5:9). Ja, Jehovah se Woord verseker ons: “Staan die Duiwel teë, en hy sal van julle af wegvlug.”—Jak. 4:7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel