Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 9/1 bl. 25
  • Het jy geweet?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het jy geweet?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Wat God onder een juk saamgevoeg het . . . ’
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
  • Het jy geweet?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Het jy geweet?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
  • Egskeiding—Wat sê die Bybel werklik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 9/1 bl. 25

Het jy geweet?

Waarom is Judas 30 silwerstukke aangebied om Jesus te verraai?

Toe Judas Iskariot na die hoofpriesters gegaan het om uit te vind hoeveel hulle hom sou gee om Jesus te verraai, het hulle hom “dertig silwerstukke” aangebied (Matteus 26:14, 15). Hierdie bedrag toon blykbaar in watter mate hulle Jesus verag het en hoe min waarde hy in hulle oë gehad het.

Hierdie munte was moontlik silwersikkels, die standaardgeldeenheid onder die Jode. Wat kon met 30 sikkels gekoop word? Die Mosaïese Wet het dit vasgestel as die prys van ’n slaaf. Dertig sikkels kon ook ’n stuk grond koop.—Eksodus 21:32; Matteus 27:6, 7.

Toe die profeet Sagaria die ontroue Israeliete sy loon gevra het vir sy werk as herder van God se volk, het hulle “dertig silwerstukke” vir hom afgeweeg. Dit was ’n doelbewuste gebaar om God se profeet te verneder en het te kenne gegee dat hulle hom as niks meer as ’n slaaf beskou het nie. Daarom het Jehovah Sagaria beveel: “Gooi dit in die skatkamer—die grootse waarde waarmee ek vanuit hulle standpunt gewaardeer is” (Sagaria 11:12, 13). Sagaria se optrede in gehoorsaamheid aan hierdie bevel herinner ons aan wat Judas sou doen met die bedrag wat hy ontvang het omdat hy die Een verraai het wat Jehovah as Israel se herder aangestel het.—Matteus 27:5.

Wat was die “skeibrief” wat in die Bybel genoem word?

Die Mosaïese Wet het gesê: “As ’n man ’n vrou neem . . . as sy eggenote . . . , dan moet hy, as sy geen guns in sy oë vind nie omdat hy iets onwelvoegliks aan haar gevind het, vir haar ’n skeibrief uitskryf en dit in haar hand sit en haar uit sy huis wegstuur” (Deuteronomium 24:1). Wat was die doel van hierdie dokument? Die Skrif sê nie wat in so ’n brief geskryf is nie, maar dit sou ongetwyfeld die regte en belange van die verworpe vrou beskerm het.

In 1951-1952 is ’n aantal antieke voorwerpe ontdek in grotte in die noordelike wal van Wadi Murabbaat, ’n droë rivierbedding in die Judese woestyn. Een van die talle manuskripte wat daar gevind is, was ’n skeibrief wat in Aramees geskryf is en uit 71 of 72 G.J. dateer. Dit het gemeld wat op die eerste dag van die maand Margeswan, in die sesde jaar van die Joodse opstand teen Rome, gebeur het. Josef, die seun van Naqsan, wat in Masada gewoon het, het geskei van Mirjam, die dogter van Jonatan uit Hanablata. Sy was toe vry om met enige Joodse man van haar keuse te trou. Josef het Mirjam se bruidskat teruggegee en haar viervoudig vergoed vir enige beskadigde goedere. Die brief is onderteken deur Josef en drie getuies—Eliëser, die seun van Malka; Josef, die seun van Malka; en Eleasar, die seun van Hanana.

[Prent op bladsy 25]

Grotte by wadi murabbaat

[Prent op bladsy 25]

Skeibrief wat uit 71/72 G.J. dateer

[Foto-erkennings op bladsy 25]

Grotte: Todd Bolen/Bible Places.com; skeibrief: Clara Amit, Courtesy of the Israel Antiquities Authority

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel