Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w10 7/1 bl. 29
  • Hy soek na die goeie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy soek na die goeie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Jaar in “die goeie land”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • “Hoe groot is sy goedheid tog!”
    Kom nader aan Jehovah
  • Die verbasende omvang van God se goedheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Jehovah—Die voortreflikste voorbeeld van goedheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
w10 7/1 bl. 29

Kom nader aan God

Hy soek na die goeie

1 KONINGS 14:13

“JEHOVAH deursoek alle harte, en hy onderskei elke neiging van die gedagtes” (1 Kronieke 28:9). Hierdie geïnspireerde woorde is bedoel om ons met waardering te vervul vir Jehovah se groot belangstelling in ons. Jehovah soek na die goeie in ons hart, al is ons allesbehalwe volmaak. Dit kan duidelik gesien word in sy woorde aangaande Abia, wat in 1 Konings 14:13 gevind word.

Abia was deel van ’n goddelose huisgesin. Sy vader, Jerobeam, was die hoof van ’n afvallige koningshuis.a Jehovah het hom voorgeneem om heeltemal van die huis van Jerobeam ontslae te raak, “soos ’n mens die mis wegruim” (1 Konings 14:10). Maar God het beveel dat net een lid van Jerobeam se huisgesin, Abia—wat ernstig siek was—’n eervolle begrafnis gegee moet word.b Waarom? God het verduidelik: “Iets goeds teenoor Jehovah, die God van Israel, [is] in hom gevind . . . in die huis van Jerobeam” (1 Konings 14:1, 12, 13). Wat sê hierdie woorde vir ons oor Abia?

Die Bybel sê nie dat Abia ’n getroue aanbidder van God was nie. Daar is nietemin iets goeds in hom gevind. Hierdie goedheid was “teenoor Jehovah” en het dalk met Sy aanbidding te doen gehad. Rabbynse skrywers doen aan die hand dat Abia ’n pelgrimstog na die tempel in Jerusalem onderneem het of dat hy die wagte verwyder het wat deur sy vader opgestel is om te keer dat die Israeliete na Jerusalem gaan.

Watter vorm Abia se goedheid ook al aangeneem het, dit was opmerkenswaardig. Eerstens was dit ongeveins. Hierdie goedheid was “in hom”—dit wil sê in sy hart. Tweedens was dit uitsonderlik. Abia het hierdie goedheid aan die dag gelê al was hy “in die huis van Jerobeam”. Een geleerde sê: “Dit is baie prysenswaardig as ’n man sy goedheid behou terwyl hy in ’n slegte plek en familie lewe.” ’n Ander sê dat Abia se goedheid “opvallend [was], net soos die sterre die helderste skyn wanneer die hemel donker is, en die seders die mooiste is wanneer hulle deur bome sonder blare omring word”.

Die heel belangrikste is dat die woorde in 1 Konings 14:13 ons iets pragtigs leer omtrent Jehovah en dit waarna hy in ons soek. Onthou dat iets goeds “in [Abia] gevind” is. Jehovah het klaarblyklik Abia se hart deursoek totdat Hy ’n greintjie goedheid gevind het. In vergelyking met sy familie was Abia, soos een geleerde dit gestel het, die enigste pêrel “in ’n hoop klippe”. Jehovah het hierdie goedheid waardeer en dit beloon deur ’n mate van barmhartigheid aan net hierdie lid van ’n goddelose familie te betoon.

Is dit nie gerusstellend om te weet dat Jehovah na die goeie in ons soek en dit op prys stel ondanks ons onvolmaakthede nie? (Psalm 130:3). Hierdie wete behoort ons te beweeg om nader te kom aan Jehovah, die God wat ons hart noukeurig deursoek om selfs die kleinste bewys van goedheid te probeer vind.

[Voetnote]

a Jerobeam het afgodiese kalfaanbidding in die noordelike tienstammeryk van Israel ingevoer om te keer dat die mense na Jerusalem gaan om Jehovah by die tempel te aanbid.

b In Bybeltye is dit as ’n teken van God se misnoeë beskou as iemand ’n behoorlike begrafnis ontsê is.—Jeremia 25:32, 33.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel