Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w12 1/15 bl. 15
  • Maak studietyd aangenamer en produktiewer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maak studietyd aangenamer en produktiewer
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Hou aan om oor geestelike dinge te peins
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Studie is lonend
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Verbeter jou studiegewoontes!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Skep behae in Jehovah se Woord
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
w12 1/15 bl. 15

Maak studietyd aangenamer en produktiewer

Hoe kan ons ons studie van die Bybel aangenamer maak? Hoe kan ons ons studietyd produktiewer maak? Kom ons bespreek drie belangrike stappe wat ons sal help om die grootste voordeel uit ons persoonlike studie van die Bybel te trek.

1 BID: Die eerste stap is om te bid (Ps. 42:8). Waarom? Ons moet die bestudering van God se Woord as deel van ons aanbidding beskou. Ons moet Jehovah dus vra om ons in die regte stemming te bring en om ons sy heilige gees te gee (Luk. 11:13). Barbara, wat al lank ’n sendeling is, sê: “Ek bid altyd voordat ek die Bybel lees of bestudeer. Dan voel ek dat Jehovah met my is en dat hy goedkeur wat ek doen.” As ons bid voordat ons studeer, open dit ons verstand en hart om die oorvloedige geestelike voedsel wat voor ons is, ten volle te aanvaar.

2 PEINS: Weens ’n gebrek aan tyd lees party God se Woord net oppervlakkig. Maar hulle geniet dan nie die voordele wat ’n studie van die Bybel kan meebring nie. Carlos, wat Jehovah al meer as 50 jaar lank dien, het besef hoe belangrik dit is om tyd te maak vir bepeinsing sodat sy studie produktiewer kan wees. Hy sê: “Ek lees nou minder bladsye van die Bybel op ’n slag—omtrent twee bladsye per dag. Dan kan ek meer tyd daaraan wy om te peins oor wat ek gelees het sodat ek belangrike lesse kan leer” (Ps. 77:12). Wanneer ons tyd maak om te peins, vergroot ons ons kennis en begrip van God se wil.—Kol. 1:9-11.

3 PAS TOE: As ons die praktiese waarde van iets besef, vind ons groter baat daarby. Dit is beslis die geval met ’n studie van die Bybel. “Bybelstudie help my om probleme in die daaglikse lewe te bowe te kom, en dit berei my voor om ander te help”, sê Gabriel, ’n jong broer wat ’n vaste rooster vir Bybelstudie het. Hy voeg by: “Ek probeer om alles wat ek leer, in my persoonlike lewe toe te pas” (Deut. 11:18; Jos. 1:8). Ja, daar is ’n oorvloed van goddelike kennis wat ons kan inneem en toepas.—Spr. 2:1-5.

HERSIENING: Wat ’n voorreg het ons tog om te delf in die kennis wat deur Jehovah, die Bron van alle wysheid, voorsien word! (Rom. 11:33). Die volgende keer wanneer jy studeer, moet jy dus seker maak dat jy eers tot Jehovah bid en hom vra om jou in die regte stemming te bring en om jou sy heilige gees te gee. Stop dan van tyd tot tyd en peins oor wat jy gelees het. Daarna moet jy ook die dinge wat jy leer, in jou daaglikse lewe toepas. Wanneer jy hierdie belangrike stappe doen, sal jy vind dat jou studie van die Bybel baie aangenaam en produktief word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel