Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w12 10/15 bl. 32
  • Aanmoediging “uit die mond van kinders”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aanmoediging “uit die mond van kinders”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • In die tronk weens hulle geloof – Rusland
    In die tronk weens hulle geloof
  • ’n Vreedsame groep verdedig hulle goeie naam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Glanspunte van die afgelope jaar
    2011 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Jehovah se Getuies in Rusland
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
w12 10/15 bl. 32

Aanmoediging “uit die mond van kinders”

In Desember 2009 het die Russiese Hooggeregshof ’n beslissing gehandhaaf wat daartoe gelei het dat die plaaslike godsdiensorganisasie van Jehovah se Getuies in Taganrog, Rusland, ontbind is, die Koninkryksaal gekonfiskeer is en 34 van ons publikasies as ekstremisties geklassifiseer is. Die nuus oor hierdie ontstellende verwikkeling is op die amptelike webblad van Jehovah se Getuies gesit, tesame met foto’s van Getuies, insluitende jong kinders, wat deur die beslissing geraak is.

Larissa en Cody

Die kinders in Australië

’n Paar maande later het die Administratiewe Sentrum van Jehovah se Getuies in Rusland ’n boks en die volgende brief ontvang van ’n Getuiegesin in Queensland, Australië, wat die berig oor die Hof se beslissing gesien het: “Liewe broers. Ons kinders, Cody en Larissa, is diep geraak deur die geloof en beproewinge van die broers in Rusland. Hulle het kaartjies en briewe geskryf, en ons het ’n paar geskenkies bymekaargemaak wat ons vir die kinders in Taganrog wil stuur sodat hulle kan weet dat daar kinders in ’n ver land is wat Jehovah ook getrou dien en wat aan hulle dink. Hulle stuur vir al die kinders ’n stywe drukkie en hulle liefde.”

Toe die kinders in Taganrog die geskenke ontvang het, het hulle dankiesêbriefies aan die gesin in Australië geskryf waarin hulle prentjies geteken het. ’n Getuie wat by die takkantoor in Rusland dien, is diep geroer deur die woorde van aanmoediging “uit die mond van kinders” en het aan Cody en Larissa geskryf: “Julle kan julle voorstel hoe aaklig dit vir kinders sowel as volwassenes is wanneer hulle gestraf word vir iets wat hulle nie gedoen het nie. Ons broers en susters in Taganrog het niks verkeerds gedoen nie, en tog is hulle Koninkryksaal van hulle weggeneem. Dit het hulle baie hartseer gemaak. Dit sal vir hulle aanmoedigend wees om te weet dat iemand aan die ander kant van die wêreld aan hulle dink. Dankie vir julle hartlike en vrygewige gees!”—Ps. 8:2.

Kinders in Taganrog, Rusland

Die kinders in Rusland wat geskenke ontvang het van die kinders in Australië

Ons is werklik deel van ’n wêreldwye broederskap, en ons liefde vir mekaar help ons almal om die lewe se beproewinge en probleme die hoof te bied. Terwyl daar in howe gedebatteer word oor die aantyging dat die publikasies van Jehovah se Getuies haat aanstook, betoon ons kinders stilweg besorgdheid oor mekaar se welsyn. Sodoende oorbrug hulle nasionale en kulturele grense en toon hulle hoe waar Jesus se woorde is: “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.”—Joh. 13:35.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel