Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp17 nr. 2 bl. 6-7
  • Hoe sal jy reageer op God se grootste geskenk?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe sal jy reageer op God se grootste geskenk?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Soortgelyke materiaal
  • Die losprys—God se grootste geskenk
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Die losprys – God se grootste geskenk
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Jesus Christus—Sy boodskap en jy
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • God se grootste geskenk—Waarom is dit so kosbaar?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
wp17 nr. 2 bl. 6-7
’n Vrou doen persoonlike Bybelstudie

VOORBLADONDERWERP | GOD SE GROOTSTE GESKENK—SAL JY DIT AANVAAR?

Hoe sal jy reageer op God se grootste geskenk?

“Die liefde wat die Christus het, dring ons . . . hy het vir almal gesterf, sodat dié wat lewe, nie langer vir hulleself moet lewe nie, maar vir hom wat vir hulle gesterf het.”—2 Korintiërs 5:14, 15.

’N BUITENGEWONE geskenk behoort ons te beweeg om dankbaarheid te betoon. Jesus het hierdie les beklemtoon nadat hy tien mans van ’n verskriklike siekte genees het wat op daardie stadium ongeneeslik was. Een van die tien mans het “teruggedraai en God met ’n harde stem verheerlik”. Jesus het gesê: “Al tien is gereinig, nie waar nie? Waar is die ander nege dan?” (Lukas 17:12-17). Die les? Hoe vinnig vergeet ons tog nie die goeie dinge wat ander vir ons doen nie!

Die losprys is anders as enige ander geskenk. Dit is beslis die grootste geskenk wat nog ooit gegee is. Hoe moet jy dan reageer op wat God vir jou gedoen het?

  • Leer ken die Gewer. Die losprys beteken nie outomaties ewige lewe vir alle mense nie. Jesus het eerder in gebed tot God gesê: “Dít beteken die ewige lewe, dat hulle kennis inneem van u, die enigste ware God, en van die een wat u uitgestuur het, Jesus Christus” (Johannes 17:3). Sê nou iemand vertel jou dat ’n man jou lewe gered het toe jy nog ’n kind was. Sou jy nie daarin belangstel om meer uit te vind oor daardie man en hoekom hy jou gered het nie? Jehovah God, wat die losprys—’n lewensreddende geskenk—gegee het, wil nie net hê dat jy moet weet wie hy is nie, maar hy wil ook hê dat jy ’n hegte verhouding met hom moet opbou. Die Bybel spoor ons aan: “Kom nader aan God, en hy sal nader aan julle kom.”—Jakobus 4:8.

  • ’n Vrou bid

    Beoefen geloof in die losprys. “Hy wat geloof in die Seun beoefen, het die ewige lewe” (Johannes 3:36). Wat beteken dit om geloof te beoefen? Dit beteken dat jy iets moet doen; om geloof in die losprys te toon, vereis dade (Jakobus 2:17). Watter soort dade? ’n Geskenk word eers joune wanneer jy jou hand uitsteek en dit aanvaar. Jy moet dus toon dat jy die losprys aanvaar. Hoe? Leer hoe God wil hê jy moet lewe en tree dan in ooreenstemming daarmee op.a Vra God om jou sondes te vergewe en om jou ’n skoon gewete te gee. Bid met die volle vertroue dat die losprys ’n ewige toekoms van vrede, veiligheid en voorspoed vir almal waarborg wat geloof daarin beoefen!—Hebreërs 11:1.

  • ’n Toespraak word gehou by die Herdenking van Jesus se dood

    Woon die Herdenking van Jesus se dood by. Jesus het ’n jaarlikse gebeurtenis ingestel om ons te herinner aan die voorsiening van die losprys. Hy het aangaande die herdenking van hierdie gebeurtenis gesê: “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen” (Lukas 22:19). Jehovah se Getuies sal Jesus se dood op Dinsdag 11 April 2017, ná sononder, herdenk. Die program, wat omtrent ’n uur lank is, sal ’n bespreking insluit wat sal verduidelik wat Jesus se dood beteken en hoe ons nou en in die toekoms daarby kan baat vind. Verlede jaar het sowat 20 miljoen mense regoor die wêreld die Gedenkmaal bygewoon. Ons nooi jou hartlik uit om saam met ons te reageer op God se grootste geskenk.

a Die beste manier om God te leer ken en nader aan hom te kom, is om sy Woord, die Bybel, te studeer. Jy kan uitvind hoe om dit te doen deur een van Jehovah se Getuies te vra of ons webwerf, www.pr2711.com/af, te besoek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel