Onthou jy?
Het jy die onlangse nommers van Die Wagtoring noukeurig gelees? Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:
Watter gesindheid moet broers soos kringopsieners en ouer manne hê wanneer hulle riglyne van God se organisasie ontvang?
Hulle moet dadelik gehoorsaam wees. Hulle kan hulleself afvra: ‘Dra ek by tot die geestelikheid van diegene om my? Is ek gou om die leiding te aanvaar en daaraan gehoorsaam te wees?’—w16.11, bl. 11.
Wanneer het ware Christene gevangenes van Babilon die Grote geword?
Dit het kort ná die dood van die apostels gebeur. ’n Geestelikeklas het toe begin ontstaan. Die Kerk en Staat het ’n afvallige vorm van die Christelike godsdiens bevorder en het probeer om ware Christene stil te maak. Maar in die dekades voor 1914 het die gesalfdes van Babilon die Grote begin losbreek.—w16.11, bl. 23-25.
Waarom was die werk van Lefèvre d’Étaples so belangrik?
In die vroeë 1520’s het Lefèvre die Bybel in Frans vertaal sodat die gewone mense dit kon verstaan. Sy vertolking van die Bybel het ’n groot invloed op Martin Luther, William Tyndale en Johannes Calvyn gehad.—wp16.6, bl. 10-12.
Wat is die verskil tussen “om die vlees te bedink” en “om die gees te bedink”? (Rom. 8:6)
Dié wat die ‘vlees bedink’ word deur hulle begeertes en onvolmaakte menslike neigings oorheers. Hulle praat die heeltyd oor die dinge van die vlees en verheug hulle daaroor. Om die “vlees te bedink”, lei tot die dood. Dié wat die ‘gees bedink’ se denke is in ooreenstemming met God se denke. Hulle laat toe dat die heilige gees ’n invloed op hulle het. Om die “gees te bedink”, beteken lewe en vrede.—w16.12, bl. 15-17.
Hoe kan jy angstigheid verminder?
Stel gepaste prioriteite, maak seker dat jou verwagtinge realisties is, ruim elke dag tyd in om rustig te wees, geniet God se skepping, behou ’n sin vir humor, doen gereeld oefening en kry genoeg slaap.—w16.12, bl. 22-23.
“Henog [is] weggevoer om die dood nie te sien nie” (Heb. 11:5). Hoe?
God het Henog waarskynlik laat sterf sonder dat hy besef het dat hy besig is om dood te gaan.—wp17.1, bl. 12-13.
Waarom is beskeidenheid nog steeds belangrik?
Beskeidenheid behels dat ons die regte beskouing van onsself het en bewus is van ons beperkings. Ons moet besef hoe ons optrede ander kan beïnvloed en onsself nie te ernstig opneem nie.—w17.01, bl. 18.
Hoe weet ons dat God die bestuursliggaam in die eerste eeu gelei het en dat hy die Bestuursliggaam vandag ook lei?
Die heilige gees het hulle gehelp om skriftuurlike waarhede te verstaan. Met behulp van die engele het hulle toesig gehou oor die predikingswerk en op God se Woord vertrou wanneer hulle besluite geneem het. Dit geld ook vandag.—w17.02, bl. 26-28.
Wat oortuig ons dat die losprys kosbaar is?
Hier is vier faktore: Wie het dit gegee? Waarom is dit gegee? Wat is opgeoffer? In watter dringende behoefte het dit voorsien? Ons kan gerus hieroor nadink.—wp17.2, bl. 4-6.
Kan ’n Christen van besluit verander?
Ons moet ons woord hou. Maar soms moet ons ons besluit heroorweeg. God het sy besluit oor Nineve verander toe hulle berou getoon het. Partykeer moet ons dit ook doen wanneer omstandighede verander of wanneer ons nuwe inligting kry.—w17.03, bl. 16-17.
Waarom is dit so gevaarlik om sleg te praat van ander?
Dit kan die probleem vererger. Om van ander sleg te praat, sal nooit die situasie verbeter nie, maak nie saak of ons reg of verkeerd is nie.—w17.04, bl. 21.