Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp20 nr. 2 bl. 8-10
  • Wanneer sal God se Koninkryk oor die aarde regeer?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer sal God se Koninkryk oor die aarde regeer?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2020
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WATTER DINGE HET JESUS GESÊ SOU GEBEUR?
  • WAT BETEKEN DIE TEKEN VIR ONS?
  • Wanneer sal die voorspelde wêreldvernietiging kom?
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
  • Laaste dae
    Redenering uit die Skrif
  • Lewe ons in “die laaste dae”?
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Hoe lank sal die huidige stelsel voortbestaan?
    Oorlewing tot in ’n nuwe aarde
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2020
wp20 nr. 2 bl. 8-10
’n Getuie gee ’n vrou ’n uitnodiging by ’n lektuurtrollie.

Wanneer sal God se Koninkryk oor die aarde regeer?

Party van Jesus se getroue volgelinge wou weet wanneer God se Koninkryk sou begin regeer. Jesus het vir hulle gesê dat hulle nie sou weet presies wanneer dit oor die aarde sou begin regeer nie (Handelinge 1:6, 7). Maar vroeër het hy vir hulle gesê dat sy volgelinge sou “weet dat die Koninkryk van God naby is” en dat dit tyd was vir die Koninkryk om oor die wêreld te begin regeer wanneer hulle sekere dinge op dieselfde tyd sien gebeur. – Lukas 21:31.

WATTER DINGE HET JESUS GESÊ SOU GEBEUR?

Jesus het gesê: “Nasie sal teen nasie opstaan en koninkryk teen koninkryk. Daar sal groot aardbewings wees, en voedseltekorte en vreeslike siektes op die een plek ná die ander” (Lukas 21:10, 11). Wanneer al hierdie dinge op dieselfde tyd gebeur, sou dit aandui dat “die Koninkryk van God naby is”. Sien ons dat al hierdie dinge vandag wêreldwyd en op dieselfde tyd gebeur? Kyk na die bewyse.

1. OORLOË

Oorlogsvliegtuie, ’n oorlogstenk en missiele.

In 1914 het ’n oorlog begin wat meer mense en meer plekke geaffekteer het as enige ander oorlog! Baie geskiedkundiges het die jaar 1914 ’n keerpunt in die geskiedenis genoem omdat die heel eerste wêreldoorlog in daardie jaar begin het. Dit was die eerste keer dat tenke, lugbomme, masjiengewere, giftige gasse en ander dodelike wapens op so ’n groot skaal gebruik is. En toe, gedurende die tweede wêreldoorlog, is atomiese wapens vir die eerste keer gebruik. Vanaf 1914 was daar oorloë op die een plek ná die ander, en miljoene mense is in daardie oorloë doodgemaak.

2. AARDBEWINGS

’n Aardbewing laat geboue kraak.

Volgens die Britannica Academic is daar elke jaar ongeveer 100 aardbewings wat groot genoeg is om “groot skade” te veroorsaak. En die Amerikaanse Departement van Geologiese Opnames sê dat ons omtrent 16 groot aardbewings per jaar kan verwag as ’n mens kyk na al die rekords wat gehou is (vanaf omtrent die jaar 1900). Party glo dat dit nou maar net lyk asof daar meer aardbewings is omdat daar nou beter maniere is om te sien waar aardbewings plaasgevind het. Maar die feit is dat groot aardbewings regoor die wêreld nou meer pyn, lyding en sterftes veroorsaak as ooit tevore.

3. VOEDSELTEKORTE

’n Grafiek wat ’n afname in graanproduksie wys.

Regoor die wêreld word voedseltekorte veroorsaak deur oorloë, korrupsie, ernstige ekonomiese probleme, swak bestuur van die landboubedryf of ’n gebrek aan beplanning vir uiterste weerstoestande. Volgens die verslag van die Wêreldvoedselprogram vir 2018 het 821 miljoen mense regoor die wêreld nie genoeg kos om te eet nie, en 124 miljoen van hulle ly erg honger. Ondervoeding lei elke jaar tot die dood van sowat 3,1 miljoen kinders. In 2011 was dit die oorsaak van ongeveer 45 persent van alle kindersterftes wêreldwyd.

4. SIEKTES EN EPIDEMIES

Simbole van gevaarlike chemikalieë en bakterieë.

’n Publikasie van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê: “Daar was alreeds baie groot epidemies gedurende die 21ste eeu. Ou siektes, soos cholera, builepes en geelkoors, het teruggekom, en nuwes het ontstaan, soos EARS (ernstige akute respiratoriese sindroom), pandemiese griep, MERS (Midde-Oosterse respiratoriese sindroom), Ebola en die Zika-virus.” Die COVID-19-pandemie is die nuutste. Al het wetenskaplikes en dokters baie oor siektes uitgevind, kon hulle dit nie regkry om ’n einde te maak aan alle siektes nie.

5. ’N WÊRELDWYE PREDIKINGSWERK

Die aarde met ’n pyltjie en ’n oop Bybel.

Jesus het nog ’n deel van die teken gegee toe hy voorspel het: “Hierdie goeie nuus van die Koninkryk sal oor die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies, en dan sal die einde kom” (Matteus 24:14). Al is daar vandag so baie verskriklike probleme in die wêreld, verkondig meer as agt miljoen mense uit alle nasies die goeie nuus van God se Koninkryk in 240 lande en in meer as 1 000 tale. So iets het nog nooit in die geskiedenis gebeur nie.

WAT BETEKEN DIE TEKEN VIR ONS?

Alles wat Jesus oor die teken gesê het, gebeur vandag. Hoekom moet ons daarin belangstel? Want Jesus het gesê: “Wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, [moet julle] weet dat die Koninkryk van God naby is.” – Lukas 21:31.

Jesus sit op ’n troon in die hemel met die Paradysaarde onder hom.

Binnekort sal die Koninkryk seker maak dat God se wil op die aarde sal plaasvind

Die teken wat Jesus gegee het en berekeninge wat op die Bybel gebaseer is, help ons om te sien dat God sy Koninkryk in 1914a in die hemel gevorm het. In daardie jaar het God sy Seun, Jesus Christus, as Koning aangestel (Psalm 2:2, 4, 6-9). God se Koninkryk sal binnekort oor die aarde regeer, en dit sal alle ander regerings verwyder en die aarde ’n paradys maak waar mense vir ewig kan lewe.

Binnekort sal die volgende woorde van Jesus se modelgebed vervul word: “Laat u Koninkryk kom. Laat u wil plaasvind op die aarde, net soos in die hemel” (Matteus 6:10). Maar wat doen die Koninkryk vandat dit in 1914 begin regeer het? En waarna kan ons uitsien wanneer die Koninkryk oor die hele aarde begin regeer?

a Vir inligting oor die jaar 1914, sien les 32 in die boek Geniet die lewe vir ewig!, uitgegee deur Jehovah se Getuies.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel