Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/10 bl. 3
  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2010
Ons Koninkryksbediening—2010
km 12/10 bl. 3

Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 27 Desember 2010 tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 20 minute hou wat gebaseer is op materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 1 November tot 27 Desember 2010.

1. Wat kan ons leer uit die Levitiese sangers se lofbetuiging in 1 Kronieke 16:34? [w02 1/15 bl. 11-12 par. 6-7]

2. Dui 1 Kronieke 22:8 aan dat dit verkeerd van Dawid was om oorlog te voer, aangesien Jehovah nie wou hê dat hy Sy huis moet bou nie? Verduidelik. [it-2-E bl. 987 par. 1]

3. Hoe wou koning Dawid hê dat sy seun Salomo teenoor God moet voel? (1 Kron. 28:9). [w08 10/15 bl. 7 par. 18]

4. Waarom was dit gepas om afbeeldings van bulle in die voetstuk van die gegote see te gebruik? (2 Kron. 4:2-4). [w05 12/1 bl. 19 par. 3; w98 6/15 bl. 16 par. 17]

5. Was net die twee kliptafels in die verbondsark, of was daar ook ander items daarin? (2 Kron. 5:10). [w06 1/15 bl. 31]

6. Wat het Salomo bedoel toe hy Jehovah gevra het om die dringende versoeke te hoor van enigiemand wat “bid na hierdie huis toe”? (2 Kron. 6:21, 32, 33). [it-1-E bl. 137 par. 1]

7. Wat word bedoel met die uitdrukking “soutverbond” in 2 Kronieke 13:5? [w05 12/1 bl. 20 par. 2; it-2-E bl. 842 par. 7]

8. Hoe kan 2 Kronieke 17:9, 10 in beginsel op ons bediening toegepas word? [w09 6/15 bl. 12 par. 7]

9. Hoe sal God se hedendaagse volk in ooreenstemming met 2 Kronieke 20:17 optree? [w03 6/1 bl. 21-22 par. 14-17]

10. Watter les kan ons leer uit die verslag van koning Ussia se hoogmoedige daad? (2 Kron. 26:15-21). [w99 12/1 bl. 26 par. 1-2]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel