Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w22 Desember bl. 28-30
  • Is jy gereed om “die aarde [te] ontvang”?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is jy gereed om “die aarde [te] ontvang”?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • IS JY GEREED OM DIE AARDE ’N PARADYS TE MAAK?
  • IS JY GEREED OM DIÉ WAT OPGEWEK WORD, TE HELP?
  • IS JY GEREED OM DIÉ WAT OPGEWEK WORD, TE LEER?
  • Daar sal ’n opstanding wees!
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Wie sal opgewek word? Waar sal hulle lewe?
    Leer by die Groot Onderwyser
  • Deel 10
    Luister na God
  • Wat is die opstanding?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
w22 Desember bl. 28-30
Mense verander die aarde in ’n paradys. Party maak skoon, ander bou ’n huis en ander werk in ’n tuin.

Is jy gereed om “die aarde [te] ontvang”?

ONS almal sien uit na die vervulling van Jesus se belofte: “Gelukkig is dié wat saggeaard is, want hulle sal die aarde ontvang” (Matt. 5:5). Die gesalfdes sal die aarde ontvang wanneer hulle konings word en saam met Jesus in die hemel regeer (Op. 5:10; 20:6). Die meeste ware Christene sien vandag daarna uit om die aarde te ontvang en om vir ewig daarop te lewe in volmaaktheid, vrede en geluk. Om dit moontlik te maak, sal hulle belangrike werk hê om te doen. Byvoorbeeld, hulle sal help om die aarde ’n paradys te maak, seker maak dat die mense wat opgewek word, alles het wat hulle nodig het, en hulle sal hulle leer. Kyk hoe jy selfs nou kan wys dat jy baie graag wil help om daardie dinge te doen.

IS JY GEREED OM DIE AARDE ’N PARADYS TE MAAK?

Toe Jehovah mense beveel het om ‘die aarde te vul en te bewerk’, het hy gewys dat die hele wêreld uiteindelik ’n paradys sou wees (Gen. 1:28). Dié wat vir ewig sal lewe, sal gehoorsaam moet wees aan daardie selfde opdrag. Die aarde sal nie van die begin af ’n paradys wees nie, want die tuin van Eden bestaan nie meer nie. Ons sal onmiddellik ná Armageddon hard moet werk om gebiede skoon te maak wat nou verwoes is. Dit sal beslis ’n groot werk wees!

Dit laat ons dink aan die werk wat die Israeliete moes doen toe hulle teruggekeer het uit Babilon. Vir 70 jaar het daar basies niemand in hulle land gebly nie. Maar Jesaja het voorspel dat hulle met Jehovah se hulp dit sou kon herstel. Die profesie het gesê: “Hy sal haar wildernis soos Eden maak, en haar woestynvlakte soos die tuin van Jehovah” (Jes. 51:3). Die Israeliete was suksesvol. Net so sal dié wat die aarde sal ontvang, dit met Jehovah se hulp regkry om dit ’n pragtige paradys te maak. En jy kan selfs nou wys dat jy graag daaraan wil deelneem.

Een manier is deur jou bes te doen om jou huis en omgewing skoon en netjies te hou. Jy kan dit doen, maak nie saak wat jou bure doen nie. Jy kan ook help om die plaaslike Koninkryksaal en die Byeenkomssaal skoon en in stand te hou. As jou omstandighede dit toelaat, kan jy ook aansoek doen om ’n plaaslike vrywilliger te wees om met noodleniging te help. So sal jy wys dat jy graag wil help as daar hulp nodig is. Jy kan dalk vaardighede aanleer wat jy kan gebruik as Jehovah jou toelaat om die aarde te ontvang.

’n Groep broers en susters werk by ’n Koninkryksaal.

IS JY GEREED OM DIÉ WAT OPGEWEK WORD, TE HELP?

Onmiddellik nadat Jesus Jaïrus se dogter opgewek het, het hy gesê dat hulle vir die kind iets moet gee om te eet (Mark. 5:42, 43). Dit was dalk nie harde werk om vir daardie 12-jarige meisie te sorg nie. Maar dink aan wat dit sal beteken wanneer Jesus sy belofte vervul dat “almal wat in die gedenkgrafte is, sy stem sal hoor en sal uitkom” (Joh. 5:28, 29). Al gee die Bybel nie baie details nie, kan ons verwag dat dié wat opgewek word, hulp nodig sal hê om kos, blyplek en klere te kry. Kan jy selfs nou wys dat jy graag wil help? Hier is ’n paar vrae waaraan jy kan dink.

Wat kan jy vandag doen om te wys dat jy gereed is om die aarde te ontvang?

Gelukkige broers en susters is by ’n lughawe en verwelkom broers by ’n internasionale byeenkoms in Parys.

Wanneer die aankondiging gemaak word dat die kringopsiener julle gemeente gaan besoek, bied jy aan om hom vir ’n ete te nooi? Wanneer spesiale voltydse knegte Bethel moet verlaat en na julle gemeente toe gestuur word of wanneer ’n kringopsiener nie meer in die reisende werk is nie, kan jy help om vir hulle blyplek te vind? As ’n streek- of spesiale byeenkoms in jou gebied gehou gaan word, kan jy aanbied om voor of ná die byeenkoms met die werk te help of om die afgevaardigdes te verwelkom?

IS JY GEREED OM DIÉ WAT OPGEWEK WORD, TE LEER?

In lyn met Handelinge 24:15 verwag ons dat miljarde mense opgewek sal word. Baie van hulle het nie die kans gehad om Jehovah te leer ken voordat hulle gesterf het nie. Maar hulle sal daardie kans hê nadat hulle opgewek word.a Getroue, ervare knegte van God sal help om hulle te leer (Jes. 11:9). Charlotte, wat al in Europa, Suid-Amerika en Afrika gepreek het, sien baie uit daarna. Sy sê: “Ek sien uit daarna om mense wat opgewek word, te leer. Wanneer ek oor iemand lees wat in die verlede gelewe het, dink ek dikwels: ‘As hierdie persoon Jehovah maar net geken het, kon sy lewe soveel anders gewees het.’ Ek kan nie wag om vir hulle te vertel van al die dinge waarop hulle uitgemis het nie.”

Selfs getroue knegte van Jehovah wat gelewe het voordat Jesus aarde toe gekom het, sal baie hê om te leer. Dink net hoe gelukkig dit ons sal maak en wat ’n voorreg dit sal wees om vir Daniël die vervulling te verduidelik van die profesieë wat hy neergeskryf het, maar nie verstaan het nie (Dan. 12:8). Of om Rut en Naomi te leer dat die Messias deur hulle geslagslyn gekom het. Ons sal dit geniet om mense regoor die aarde te leer sonder die druk en afleidings van vandag se goddelose wêreld!

’n Suster gee vir ’n vrou ’n pamflet by ’n wassery.

Hoe kan jy nou wys dat jy graag wil help om hierdie werk te doen? Een manier is deur jou bes te doen om ’n beter onderrigter te word en deur gereeld aan die predikingswerk deel te neem (Matt. 24:14). Selfs al beperk jou ouderdom of ander omstandighede dalk wat jy nou kan doen, kan jy wys dat jy graag wil help om dié wat opgewek word, te leer deur nou jou bes in die predikingswerk te doen.

Dit is goed om na te dink oor hierdie belangrike vrae: Sien jy regtig daarna uit om die aarde te ontvang? Is jy opgewonde wanneer jy dink aan die hoop om die aarde ’n paradys te maak, sowel as om dié wat opgewek word, te help om blyplek te kry en om hulle te leer? Jy kan wys dat jy gereed is om vir ewig op die aarde te lewe deur dinge te doen wat soortgelyk is aan die dinge wat jy sal doen wanneer jy die aarde sal ontvang!

a Sien die artikel ‘Baie mense word gehelp om ’n regverdige weg te volg’ in Die Wagtoring van September 2022.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel