Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb17 bl. 110
  • Die Bybel in Georgies

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Bybel in Georgies
  • 2017 Jaarboek van Jehovah se Getuies
2017 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb17 bl. 110
’n Bladsy in ’n Georgiese Bybel

Die vier Evangelies van Mokwi, ’n Georgiese manuskrip uit die 14de eeu

GEORGIË | 1924-1990

Die Bybel in Georgies

GEORGIES is een van die eerste tale waarin die Bybel vertaal is. Dit is ook in Armeens, Kopties, Latyn, Siries en ander tale vertaal. Ou Georgiese manuskripte van die Evangelies, die briewe van Paulus en die Psalms dateer uit die middel van die vyfde eeu HJ of selfs vroeër. Ná die vyfde eeu het die vertaling en kopiëring van die Bybel in Georgies toegeneem, wat tot verskeie weergawes gelei het.a

Die Bybel het ’n sterk invloed gehad op geskrewe werke en die tradisies en waardes van die Georgiese volk. Byvoorbeeld, die tragiese storie van koningin Sjoesjanik, moontlik laat in die vyfde eeu geskryf, sluit aanhalings uit die Bybel in en verwys na verskeie dele daarvan. Die digter Sjota Roestaweli het ongeveer in die jaar 1220 die gedig Vepkhvistqaosani (Die ridder in die swart luiperd se vel) geskryf. In hierdie epiese gedig het hy na Christelike waardes verwys. Hy het geskryf oor vriendskap, vrygewigheid en liefde teenoor vreemdelinge—waardes wat die Georgiese volk nog steeds nastreef.

a Vir meer inligting sien die artikel “’n Skat wat eeue lank verborge was” in Die Wagtoring van 1 Junie 2013.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel