Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 26
  • Sal God my help as ek bid?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sal God my help as ek bid?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Luister Jehovah na ons?
    Luister na God en lewe vir ewig
  • Hoor God ons gebede?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2021
  • Kom na aan God deur gebed
    Wat vereis God van ons?
  • Die voorreg van gebed
    Wat kan die Bybel ons leer?
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 26

Sal God my help as ek bid?

Die Bybel se antwoord

Ja, God help diegene wat opreg vra vir dinge wat in ooreenstemming met sy wil is. Al het jy nog nooit gebid nie, kan die Bybel se voorbeelde van mense wat gebid het: ‘God, help my’, jou aanmoedig. Byvoorbeeld:

  • “Help my, o Jehovah my God; red my ooreenkomstig u liefderyke goedhartigheid.”—Psalm 109:26.

  • “O God, . . . maak tog gou om my te help!”—Psalm 71:12, Ou Afrikaanse Bybelvertaling.

Die skrywer van hierdie woorde het natuurlik sterk geloof in God gehad. Tog luister God na almal wat hom met die regte gesindheid nader, soos “die gebrokenes van hart” of “die verbryseldes van gees”.—Psalm 34:18.

Jy hoef nie te vrees dat God afsydig is en dat hy dus nie in jou probleme belangstel nie. Die Bybel sê: “Jehovah is hoog, en tog sien hy die nederige; maar die verwaande ken hy net van ver af” (Psalm 138:6). Trouens, Jesus het eenkeer vir sy dissipels gesê: “Selfs die hare op julle kop is almal getel” (Matteus 10:30). God sien dinge omtrent jou waarvan jy nie eens bewus is nie. Hoeveel te meer sal hy dan na jou luister as jy bid vir hulp met jou sorge!—1 Petrus 5:7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel