Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Genesis 25
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Genesis

      • Abraham trou weer (1-6)

      • Abraham sterf (7-11)

      • Ismael se seuns (12-18)

      • Geboorte van Jakob en Esau (19-26)

      • Esau verkoop sy geboortereg (27-34)

Genesis 25:2

Kruisverwysings

  • +Ge 37:28; Eks 2:15; Nu 31:2; Rig 6:2
  • +1Kr 1:32, 33

Genesis 25:5

Kruisverwysings

  • +Ge 24:36

Genesis 25:6

Kruisverwysings

  • +Ge 21:14

Genesis 25:7

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2010/12/1, bl. 13

Genesis 25:8

Voetnote

  • *

    ’n Poëtiese uitdrukking wat na die dood verwys.

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2016/2, bl. 7-8

Genesis 25:9

Kruisverwysings

  • +Ge 23:8, 9; 49:29, 30

Genesis 25:10

Kruisverwysings

  • +Ge 23:2, 19

Genesis 25:11

Kruisverwysings

  • +Ge 17:19; 26:12-14
  • +Ge 16:14

Genesis 25:12

Kruisverwysings

  • +Ge 16:10, 11
  • +Ga 4:24

Genesis 25:13

Kruisverwysings

  • +Ge 36:2, 3; Jes 60:7
  • +Ps 120:5; Jer 49:28; Ese 27:21
  • +1Kr 1:29-31

Genesis 25:16

Voetnote

  • *

    Of “ommuurde kampe”.

Kruisverwysings

  • +Ge 17:20

Genesis 25:17

Voetnote

  • *

    ’n Poëtiese uitdrukking wat na die dood verwys.

Genesis 25:18

Voetnote

  • *

    Of moontlik “Hy het in vyandskap met al sy broers gelewe”.

Kruisverwysings

  • +1Sa 15:7
  • +Ge 16:7, 8
  • +Ge 16:11, 12

Genesis 25:19

Kruisverwysings

  • +Ge 22:2; Mt 1:1, 2

Genesis 25:20

Kruisverwysings

  • +Ge 22:23

Indekse

  • Navorsingsgids

    Nuwe Wêreld-vertaling (nwt), bl. 1809

Genesis 25:22

Kruisverwysings

  • +Ro 9:10

Genesis 25:23

Kruisverwysings

  • +Ps 139:15
  • +Ge 36:31; Nu 20:14
  • +Ge 27:29, 30; De 2:4
  • +2Sa 8:14; Mal 1:2, 3; Ro 9:10-13

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2004/1/15, bl. 28

    2003/10/15, bl. 29

    “Hele Skrif”, bl. 18

    Redenering, bl. 313

Genesis 25:25

Voetnote

  • *

    Beteken “harig”.

Kruisverwysings

  • +Ge 27:11
  • +Ge 27:32; 36:9; Mal 1:3

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2009/2/1, bl. 14

Genesis 25:26

Voetnote

  • *

    Beteken “hy wat die hakskeen gryp; bedrieër”.

Kruisverwysings

  • +Ho 12:3
  • +Ge 27:36

Genesis 25:27

Voetnote

  • *

    Of “Jakob was onberispelik”.

Kruisverwysings

  • +Ge 27:3, 5
  • +Heb 11:9

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2013/5/15, bl. 27

    2003/10/15, bl. 28

Genesis 25:28

Kruisverwysings

  • +Ge 27:6, 7, 46

Genesis 25:30

Voetnote

  • *

    Of “’n sluk van”.

  • *

    Lett. “die rooi, hierdie rooi”.

  • *

    Of “dood van die honger”.

  • *

    Beteken “rooi”.

Kruisverwysings

  • +Ge 36:1

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2002/5/1, bl. 11

Genesis 25:31

Kruisverwysings

  • +De 21:16, 17

Genesis 25:33

Kruisverwysings

  • +Heb 12:16

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Gen. 25:2Ge 37:28; Eks 2:15; Nu 31:2; Rig 6:2
Gen. 25:21Kr 1:32, 33
Gen. 25:5Ge 24:36
Gen. 25:6Ge 21:14
Gen. 25:9Ge 23:8, 9; 49:29, 30
Gen. 25:10Ge 23:2, 19
Gen. 25:11Ge 17:19; 26:12-14
Gen. 25:11Ge 16:14
Gen. 25:12Ge 16:10, 11
Gen. 25:12Ga 4:24
Gen. 25:13Ge 36:2, 3; Jes 60:7
Gen. 25:13Ps 120:5; Jer 49:28; Ese 27:21
Gen. 25:131Kr 1:29-31
Gen. 25:16Ge 17:20
Gen. 25:181Sa 15:7
Gen. 25:18Ge 16:7, 8
Gen. 25:18Ge 16:11, 12
Gen. 25:19Ge 22:2; Mt 1:1, 2
Gen. 25:20Ge 22:23
Gen. 25:22Ro 9:10
Gen. 25:23Ps 139:15
Gen. 25:23Ge 36:31; Nu 20:14
Gen. 25:23Ge 27:29, 30; De 2:4
Gen. 25:232Sa 8:14; Mal 1:2, 3; Ro 9:10-13
Gen. 25:25Ge 27:11
Gen. 25:25Ge 27:32; 36:9; Mal 1:3
Gen. 25:26Ho 12:3
Gen. 25:26Ge 27:36
Gen. 25:27Ge 27:3, 5
Gen. 25:27Heb 11:9
Gen. 25:28Ge 27:6, 7, 46
Gen. 25:30Ge 36:1
Gen. 25:31De 21:16, 17
Gen. 25:33Heb 12:16
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
  • 33
  • 34
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Genesis 25:1-34

Genesis

25 Abraham het weer ’n vrou geneem, en haar naam was Ketuʹra. 2 Met verloop van tyd het sy geboorte gegee aan Simran, Joksan, Medan, Miʹdian,+ Jisbak en Suag.+

3 Joksan het die vader van Skeba en Dedan geword.

Die seuns van Dedan was Asʹsurim, Leʹtusim en Leʹümmim.

4 Die seuns van Miʹdian was Efa, Efer, Hanog, Abiʹda en Elʹdaä.

Hulle almal was die seuns van Ketuʹra.

5 Later het Abraham alles wat hy gehad het, aan Isak gegee,+ 6 maar Abraham het geskenke gegee aan die seuns wat hy by sy byvrouens gehad het. Toe, terwyl hy nog gelewe het, het hy hulle ooswaarts gestuur, weg van sy seun Isak af,+ na die land van die Ooste. 7 Abraham het 175 jaar oud geword. 8 Toe het Abraham sy laaste asem uitgeblaas en op ’n goeie ouderdom gesterf, oud en tevrede, en hy is tot sy volk versamel.* 9 Sy seuns Isak en Isʹmael het hom begrawe in die grot van Magpeʹla, in die veld wat aan Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, behoort het en wat voor Mamre is.+ 10 Dit is die veld wat Abraham by die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham saam met sy vrou Sara begrawe.+ 11 Ná Abraham se dood het God aangehou om sy seun Isak te seën,+ en Isak het naby Beër-Lahai-Roï+ gewoon.

12 Dít is die geskiedenis van Isʹmael,+ die seun wat Abraham gehad het by Sara se diensmeisie Hagar,+ die Egiptiese vrou:

13 Dít is die name van Isʹmael se seuns, sy nakomelinge: Neʹbajot,+ die eersgeborene van Isʹmael, dan Kedar,+ Adʹbeël, Mibsam,+ 14 Misma, Duma, Massa, 15 Hadad, Tema, Jetur, Nafis en Kedma. 16 Dit is die seuns van Isʹmael en die 12 hoofmanne van hulle familiegroepe, en dit is hulle name volgens hulle woonplekke en volgens hulle kampe.*+ 17 Isʹmael het 137 jaar oud geword. Toe het hy sy laaste asem uitgeblaas en gesterf, en hy is tot sy volk versamel.* 18 En die gebied waar sy nakomelinge gaan woon het, het gestrek van Haʹwila+ af, naby Sur,+ wat naby Egipte is, tot by Assiʹrië. Hy het naby al sy broers gaan woon.*+

19 En dít is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham:+

Abraham het die vader van Isak geword. 20 Isak was 40 jaar oud toe hy getrou het met Rebekka. Sy was die dogter van Beʹtuel,+ die Arameër van Paddan-Aram, en die suster van Laban, die Arameër. 21 Isak het smeekgebede tot Jehovah gedoen vir sy vrou, want sy was onvrugbaar. Jehovah het op sy smekinge gereageer, en Rebekka, sy vrou, het swanger geword. 22 En die seuns binne-in haar het met mekaar begin baklei.+ Daarom het sy gesê: “As dit so gaan, hoekom moet ek bly lewe?” Toe het sy Jehovah hieroor gevra. 23 En Jehovah het vir haar gesê: “Twee nasies is in jou baarmoeder,+ en twee volke sal uit jou voortkom en geskei word.+ Die een nasie sal sterker wees as die ander,+ en die oudste sal die jongste dien.”+

24 Toe die tyd aangebreek het vir haar om geboorte te gee, was daar wel ’n tweeling in haar baarmoeder. 25 Toe het die eerste uitgekom, en hy was heeltemal rooi, met soveel hare dat dit gelyk het asof hy ’n harige kleed aangehad het.+ Daarom het hulle hom Esau*+ genoem. 26 Daarna het sy broer uitgekom met sy hand om Esau se hakskeen.+ Daarom het Isak hom Jakob*+ genoem. Isak was 60 jaar oud toe sy aan hulle geboorte gegee het.

27 Toe die seuns groter geword het, het Esau ’n uitstekende jagter geword,+ ’n man van die veld, maar Jakob het ’n rustige geaardheid gehad* en het in tente gewoon.+ 28 Isak was liewer vir Esau, want hy het vir hom wildsvleis gebring, terwyl Rebekka liewer was vir Jakob.+ 29 Eenkeer was Jakob besig om ’n bredie te kook toe Esau van die veld teruggekom het en baie moeg was. 30 Toe het Esau vir Jakob gesê: “Gee my asseblief gou van* die rooi bredie wat jy daar het,* want ek is doodmoeg!”* Daarom is hy Edom* genoem.+ 31 Jakob het geantwoord: “Verkoop eers jou reg as eersgeborene aan my!”+ 32 Esau het toe gesê: “Ek is op die punt om dood te gaan! Hoe gaan ’n geboortereg my help?” 33 Jakob het gesê: “Sweer eers vir my!” Hy het dus vir hom gesweer en sy reg as eersgeborene aan Jakob verkoop.+ 34 Toe het Jakob vir Esau brood en lensiebredie gegee. Hy het geëet en gedrink, en hy het opgestaan en weggegaan. So het Esau gewys dat hy geen waardering vir die geboortereg het nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel