44 Want ek is Jehovah julle God;+ en julle moet julle heilig en julle moet heilig wees,+ want ek is heilig.+ Daarom mag julle julle siel nie onrein maak deur enige kruipende diertjie wat op die aarde kruip nie.
6 Want jy is ’n heilige volk vir Jehovah jou God.+ Vir jou het Jehovah jou God uitgekies om sy volk te word, ’n spesiale eiendom, uit al die volke wat op die oppervlak van die aarde is.+
6 En wat julle betref, julle sal die priesters van Jehovah genoem word;+ die dienaars+ van ons God sal julle genoem word.+ Die rykdom van die nasies sal julle eet,+ en in hulle heerlikheid sal julle uitgelate oor julleself praat.+
9 Maar julle is “’n uitverkore ras, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige nasie,+ ’n volk vir spesiale besit,+ sodat julle die voortreflikhede alom bekend sou maak”+ van die een wat julle uit die duisternis tot in sy wonderbare lig geroep het.+