Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 20:4
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 4 “Jy mag vir jou geen gesnede beeld of ’n afbeelding van enigiets maak wat bo in die hemel is of wat onder op die aarde is of wat in die waters onder die aarde is nie.+

  • Levitikus 26:1
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 26 “‘Julle mag vir julle geen waardelose gode maak nie,+ en julle mag vir julle geen gesnede beeld+ of heilige pilaar oprig nie, en julle mag geen klip as ’n vertoonstuk+ in julle land sit om julle daarvoor neer te buig nie;+ want ek is Jehovah julle God.

  • Deuteronomium 17:3
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 3 en hy ander gode gaan aanbid en hom voor hulle of voor die son of die maan of die hele leër van die hemel neerbuig,+ iets wat ek nie beveel het nie,+

  • Deuteronomium 27:15
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 15 “‘Vervloek is die man wat ’n gesnede beeld+ of ’n gegote beeld maak,+ iets verfoeiliks vir Jehovah,+ die maaksel van die hande van ’n hout-en-metaal-werker,+ en wat dit in ’n wegsteekplek gesit het.’ (En die hele volk moet antwoord en sê: ‘Amen!’)+

  • Rigters 17:4
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 4 Toe het hy die silwer aan sy moeder teruggegee, en sy moeder het tweehonderd silwerstukke geneem en dit vir die silwersmid gegee.+ En hy het ’n gesnede beeld+ en ’n gegote beeld+ gemaak; en dit het in Miga se huis gekom.

  • Rigters 18:18
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 18 En hulle het in die huis van Miga ingegaan en die gesnede beeld, die efod en die terafim en die gegote beeld geneem.+ Daarop het die priester+ vir hulle gesê: “Wat doen julle?”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel