20 So is Saul en al die manskappe wat by hom was, opgeroep.+ En hulle het tot by die geveg gekom, en kyk, elkeen se swaard was teen sy medemens;+ hulle is in baie groot verwarring op die vlug gejaag.
23 En die kinders van Ammon en Moab het teen die inwoners van die bergstreek Seïr+ opgestaan om hulle aan vernietiging oor te gee en te verdelg; en net toe hulle met die inwoners van Seïr klaar was, het hulle elkeen gehelp om sy naaste te verdelg.+
2 “En ek sal Egiptenaars teen Egiptenaars aanhits, en hulle sal beslis elkeen teen sy broer veg, en elkeen teen sy metgesel, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.+
21 “‘En ek sal deur my hele bergstreek ’n swaard teen hom oproep’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.+ ‘Die swaard van elkeen sal teen sy eie broer wees.+
13 “En in dié dag sal verwarring wat van Jehovah kom, oral onder hulle versprei;+ en hulle sal elkeen die hand van sy metgesel gryp, en sy hand sal teen die hand van sy metgesel kom.