17 “Jy mag nie jou medemens se huis begeer nie. Jy mag nie jou medemens se vrou begeer nie,+ en ook nie sy slaaf of sy slavin of sy bul of sy esel of enigiets wat aan jou medemens behoort nie.”+
21 “‘En jy mag nie jou medemens se vrou begeer nie.+ En jy mag nie selfsugtig hunker na jou medemens se huis, sy land of sy slaaf of sy slavin, sy bul of sy esel of enigiets wat aan jou medemens behoort nie.’+
15 Toe het hy vir hulle gesê: “Hou julle oë oop en waak teen elke soort hebsug,+ want selfs wanneer iemand oorvloed het, spruit sy lewe nie voort uit die dinge wat hy besit nie.”+
7 Wat sal ons dan sê? Is die Wet sonde?+ Mag dit nooit die geval word nie! Trouens, ek sou die sonde nie leer ken het+ as die Wet nie daar was nie; en ek sou byvoorbeeld nie hebsug+ geken het as die Wet nie gesê het: “Jy mag nie hebsugtig begeer nie.”+
14 Hulle het oë wat vol egbreuk is+ en wat nie kan ophou sondig nie,+ en hulle verlok onbestendige siele. Hulle het ’n hart wat geoefen is in hebsug.+ Hulle is vervloekte kinders.+