22 En julle moet ’n bossie hisop+ neem en dit in die bloed in ’n kom doop en van die bloed wat in die kom is, aan die boonste deel van die deuropening en aan die twee deurposte stryk; en niemand van julle mag tot die oggend toe by die ingang van sy huis uitgaan nie.
18 Dan moet ’n rein man+ hisop+ neem en dit in die water doop en daarmee op die tent spat en op al die houers en die siele wat daar was en op hom wat aan die been of aan die een wat omgebring is of die lyk of die graf geraak het.
19 Want toe elke gebod volgens die Wet deur Moses tot die hele volk gespreek is,+ het hy die bloed van die jong bulle en van die bokke saam met water en skarlaken wol en hisop+ geneem en die boek self en die hele volk besprinkel