5 Gevolglik het Jehovah Israel ’n redder gegee,+ sodat hulle onder die hand van Sirië uitgekom het, en die kinders van Israel het soos voorheen in hulle huise gewoon.+
20 “Is Eʹfraim vir my ’n dierbare seun of ’n lieflingskind?+ Want in die mate dat ek teen hom gespreek het, sal ek vir seker verder aan hom dink.+ Daarom het my ingewande onstuimig geraak oor hom.+ Ek sal my beslis oor hom ontferm”,+ is die woord van Jehovah.
7 Maar aan die huis van Juda sal ek barmhartigheid bewys,+ en ek sal hulle deur Jehovah hulle God red;+ maar ek sal hulle nie deur ’n boog of deur ’n swaard of deur oorlog, deur perde of deur ruiters, red nie.”+