18 “Jy moet vir jou regters+ en beamptes+ aanstel in al jou poorte wat Jehovah jou God jou gee volgens jou stamme, en hulle moet die volk met regverdige regspraak oordeel.
25“As daar tussen manne ’n geskil ontstaan+ en hulle na die gereg gekom het,+ dan moet hulle oor hulle regspreek en die regverdige regverdig verklaar en die goddelose goddeloos verklaar.+