5 Toe het Dawid gesê: “My seun Salomo is jonk en teer,+ en die huis wat vir Jehovah gebou moet word, moet alles in luisterrykheid oortref,+ tot ’n sieraad+ en ’n roem vir al die lande. Laat ek dan vir hom voorbereidings tref.” Daarom het Dawid voor sy dood baie voorbereidings getref.+