15 Wat Morʹdegai betref, hy het van die koning af weggegaan in koninklike klere+ van blou stof en linne, met ’n groot goue kroon en ’n mantel van fyn weefstof,+ ja, van purperrooigekleurde wol.+ En die stad Susan het gejuig en was vol vreugde.+
48 Gevolglik het die koning Daniël ’n vername man gemaak,+ en hy het hom talle groot geskenke gegee, en hy het hom heerser oor die hele regsgebied van Babilon+ en hoofprefek oor al die wyse manne van Babilon gemaak.