Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Numeri 14:18
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 18 ‘Jehovah, wat nie gou toornig word nie+ en oorvloedig is in liefderyke goedhartigheid,+ wat ongeregtigheid en oortreding vergewe,+ maar hy sal geensins vrystelling van straf gee nie,+ want hy bring straf vir die oortreding van vaders oor kinders, oor die derde geslag en oor die vierde geslag.’+

  • Deuteronomium 5:10
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 10 maar wat liefderyke goedhartigheid bewys teenoor die duisendste geslag in die geval van dié wat my liefhet en my gebooie onderhou.+

  • Nehemia 9:17
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 17 Hulle het dus geweier om te luister,+ en hulle het nie gedink aan+ u wonderlike dade wat u vir hulle verrig het nie, maar hulle het hulle nek verhard+ en ’n hoof aangestel+ om na hulle knegskap in Egipte terug te keer. Maar u is ’n God van dade van vergifnis,+ genadig+ en barmhartig,+ wat nie gou toornig word nie+ en oorvloedig is+ in liefderyke goedhartigheid, en u het hulle nie verlaat nie.+

  • Psalm 86:15
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 15 Maar u, o Jehovah, is ’n barmhartige en genadige God,+

      Wat nie gou toornig word nie+ en oorvloedig is in liefderyke goedhartigheid en waaragtigheid.+

  • Jeremia 32:18
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 18 die Een wat aan duisende liefderyke goedhartigheid bewys+ en die oortreding van die vaders vergeld in die boesem van hulle kinders ná hulle,+ die ware God, die Grote,+ die Magtige,+ wie se naam+ Jehovah van die leërs+ is,

  • Joël 2:13
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 13 En skeur julle hart+ en nie julle klere nie;+ en keer terug tot Jehovah julle God, want hy is genadig en barmhartig,+ word nie gou toornig nie+ en is oorvloedig in liefderyke goedhartigheid,+ en hy sal beslis spyt voel oor die rampspoed.+

  • Jona 4:2
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 2 Hy het derhalwe tot Jehovah gebid en gesê: “Ag, o Jehovah, was ek nie hieroor besorg terwyl ek in my eie land was nie? Daarom het ek vroeër na Tarsis gevlug;+ want ek het geweet dat u ’n genadige en barmhartige God is,+ wat nie gou toornig word nie en oorvloedig is in liefderyke goedhartigheid+ en spyt voel oor die rampspoed.+

  • Nahum 1:3
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 3 Jehovah word nie gou toornig nie+ en is groot van krag,+ en Jehovah sal hom geensins daarvan weerhou om te straf nie.+

      In verwoestende wind en in storm is sy weg, en die wolkmassa is die stof van sy voete.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel