15 En Hiskiʹa het voor Jehovah begin bid+ en gesê: “O Jehovah, die God van Israel,+ wat op die gerubs sit,+ u alleen is die ware God van al die koninkryke+ van die aarde.+ U het die hemel+ en die aarde+ gemaak.
26 “Slaan julle oë op in die hoogte en kyk. Wie het hierdie dinge geskep?+ Die Een wat hulle leër volgens getal uitlei, hulle almal selfs by die naam noem.+ Weens die oorvloed van dinamiese energie,+ en omdat hy sterk in krag is, ontbreek nie een van hulle nie.
12 Hy is die Maker van die aarde deur sy krag,+ die Een wat die vrugbare land stewig gevestig het deur sy wysheid+ en die Een wat die hemel uitgespan het deur sy verstand.+
11 “U is waardig, Jehovah, ja, ons God, om die heerlikheid+ en die eer+ en die krag+ te ontvang, want u het alles geskep,+ en weens u wil+ het hulle bestaan en is hulle geskep.”+