28 Het jy dit nie te wete gekom of het jy dit nie gehoor nie?+ Jehovah, die Skepper van die eindes van die aarde, is ’n God tot onbepaalde tyd.+ Hy raak nie moeg of afgemat nie.+ Daar is geen deurgronding van sy verstand nie.+
15 Hy is die Maker van die aarde deur sy krag,+ die Een wat die vrugbare land+ stewig vestig deur sy wysheid,+ en die Een wat die hemel uitgespan het+ deur sy verstand.+
15 en gesê het: “Manne, waarom doen julle hierdie dinge? Ons is ook mense+ met dieselfde gebreke+ as julle en maak die goeie nuus aan julle bekend sodat julle julle van hierdie nietige+ dinge tot die lewende God sal keer,+ wat die hemel en die aarde en die see en alles wat in hulle is, gemaak het.+
11 “U is waardig, Jehovah, ja, ons God, om die heerlikheid+ en die eer+ en die krag+ te ontvang, want u het alles geskep,+ en weens u wil+ het hulle bestaan en is hulle geskep.”+