6 Want ons vaders het ontrou gehandel+ en het gedoen wat sleg was in die oë van Jehovah ons God,+ sodat hulle hom verlaat het+ en hulle aangesig van die tabernakel van Jehovah afgewend+ en dit die agterkant van die nek toegekeer het.
27 Hulle sê vir ’n boom: ‘Jy is my vader’,+ en vir ’n klip: ‘Jy het aan my geboorte gegee.’ Maar hulle het die agterkant van die nek na my toe gedraai en nie die gesig nie.+ En in die tyd van hulle rampspoed sal hulle sê: ‘Staan tog op en red ons!’+
24 Maar hulle het nie geluister nie, en ook het hulle nie gehoor gegee nie,+ maar hulle het in die planne, in die wederstrewigheid van hulle slegte hart gewandel,+ sodat hulle agteruitgegaan het en nie vooruit nie,+
11 Maar hulle het bly weier om aandag te skenk,+ en hulle het voortdurend ’n wederstrewige skouer gebied,+ en hulle ore het hulle te ongevoelig gemaak om te hoor.+