26 En die lig van die volmaan sal soos die lig van die gloeiende son word; en die lig van die gloeiende son sal sewe keer sterker word,+ soos die lig van sewe dae, op die dag wanneer Jehovah die breuk+ van sy volk verbind en selfs die ernstige wond genees+ waar hy hulle geslaan het.
17 “Want ek sal vir jou genesing teweegbring, en van jou wonde sal ek jou genees”,+ is die woord van Jehovah. “Want ’n weggejaagde vrou het hulle jou genoem:+ ‘Dit is Sion, na wie niemand soek nie.’”+