12 En ek sal in dié nag deur Egipteland trek+ en elke eersgeborene in Egipteland tref, mens sowel as dier;+ en aan al die gode van Egipte sal ek strafgerigte voltrek.+ Ek is Jehovah.+
19Die uitspraak teen Egipte:+ Kyk! Jehovah ry op ’n vinnige wolk+ en kom na Egipte. En die waardelose gode van Egipte sal beslis vir hom sidder,+ en die hart van Egipte sal in sy binneste smelt.+
25 “Jehovah van die leërs, die God van Israel, het gesê: ‘Kyk, ek rig my aandag op Amon+ uit No+ en op Farao en op Egipte en op sy gode+ en op sy konings,+ ja, op Farao en op almal wat op hom vertrou.’+