18 “KOM nou, en laat ons sake regstel tussen ons”, sê Jehovah.+ “Al sou julle sondes soos skarlaken wees, dit sal wit soos sneeu gemaak word;+ al sou dit rooi soos karmosyn stof wees, dit sal soos wol word.
7 Laat die goddelose sy weg verlaat+ en die slegte mens sy gedagtes;+ en laat hom tot Jehovah terugkeer, wat hom barmhartig sal wees,+ en tot ons God, want hy sal ryklik vergewe.+
20 maar het ek eers aan dié in Damaskus+ sowel as aan dié in Jerusalem+ en in die hele land van Judeʹa en aan die nasies+ die boodskap gebring dat hulle berou moet hê en hulle tot God moet keer deur werke te doen wat by berou pas.+