4 Daarbenewens het die koning+ van Egipte sy broer Elʹjakim+ koning oor Juda en Jerusalem gemaak en sy naam na Joʹjakim verander; maar Nego+ het sy broer Joʹahas saamgeneem en na Egipte+ gebring.
18 “Daarom, só het Jehovah gesê oor Joʹjakim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda: ‘Hulle sal nie oor hom weeklaag: “Ag, my broer! En ag, my suster!” nie. Hulle sal nie oor hom weeklaag: “Ag, o heer! En ag, sy waardigheid!” nie.+
30 Daarom, só het Jehovah teen Joʹjakim, die koning van Juda, gesê: ‘Hy sal niemand hê wat op die troon van Dawid sit nie,+ en sy lyk sal iets word wat bedags in die hitte en snags in die ryp uitgegooi lê.+