11 En in dié dag sal Jehovah weer sy hand uitsteek, ’n tweede keer,+ om die oorblyfsel van sy volk te verkry wat sal oorbly uit Assiʹrië+ en uit Egipte+ en uit Patros+ en uit Kus+ en uit Elam+ en uit Siʹnear+ en uit Hamat en uit die eilande van die see.+
7 Want só het Jehovah gesê: “ROEP Jakob hard toe met blydskap, en JUIG aan die hoof van die nasies.+ VERKONDIG dit.+ BRING lof en SÊ: ‘Red, o Jehovah, u volk, die oorblyfsel van Israel.’+
7 En ek sal die een wat mank was, ’n oorblyfsel maak,+ en die een wat ver verwyderd was, ’n magtige nasie;+ en Jehovah sal as koning oor hulle heers op die berg Sion, van nou af en tot onbepaalde tyd.+