4 “Skenk aandag aan my, o my volk; en luister na my, o my volksgroep.+ Want ’n wet sal van my uitgaan,+ en my regterlike beslissing sal ek laat rus as ’n lig vir die volke.+
19 En dít is die grondslag vir die oordeel, dat die lig+ in die wêreld ingekom het+ maar die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad het,+ want hulle werke was goddeloos.
12 Daarom het Jesus weer met hulle gepraat en gesê: “Ek is die lig+ van die wêreld. Hy wat my volg, sal hoegenaamd nie in die duisternis wandel nie,+ maar sal die lig van die lewe besit.”
14 Moenie saam met ongelowiges onder ’n ongelyke juk kom nie.+ Want watter gemeenskap het regverdigheid en wetteloosheid?+ Of watter deelgenootskap het lig met duisternis?+
15 sodat julle onberispelik+ en onskuldig kan word, kinders+ van God sonder ’n smet te midde van ’n verdorwe en verdraaide geslag,+ onder wie julle as ligte in die wêreld skyn,+