-
Numeri 27:1-7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
27 Toe het die dogters van Selofʹhad,+ die seun van Hefer, die seun van Giʹlead, die seun van Magir, die seun van Manasʹse, van die families van Manasʹse, die seun van Josef, nader gekom. Die name van sy dogters was Magla, Noa, Hogla, Milka en Tirsa. 2 Hulle het voor Moses, die priester Eleaʹsar, die hoofmanne+ en die hele gemeenskap van Israel by die ingang van die tent van samekoms gaan staan en gesê: 3 “Ons pa het in die wildernis gesterf, maar hy was nie een van die ondersteuners van Korag+ wat teen Jehovah in opstand gekom het nie. Hy het vir sy eie sonde gesterf, en hy het geen seuns gehad nie. 4 Hoekom moet die naam van ons pa uit sy familie verdwyn omdat hy nie ’n seun gehad het nie? Gee asseblief vir ons ’n besitting onder ons pa se broers.” 5 En Moses het hulle saak voor Jehovah gebring.+
6 Jehovah het toe vir Moses gesê: 7 “Die dogters van Selofʹhad is reg. Jy moet beslis vir hulle ’n besitting onder hulle pa se broers as ’n erfdeel gee, en jy moet hulle pa se erfdeel aan hulle oordra.+
-