Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Matteus 15:22-28
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 22 ’n Fenisiese vrou uit daardie gebied het gekom en uitgeroep: “Betoon genade aan my, Here, Seun van Dawid. My dogter het ’n demoon in haar, en sy ly verskriklik as gevolg daarvan.”+ 23 Maar hy het haar nie geantwoord nie. Toe het sy dissipels gekom en vir hom begin sê: “Stuur haar weg, want sy roep die hele tyd agter ons aan.” 24 Hy het geantwoord: “Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.”+ 25 Maar die vrou het gekom en aan hom eer bewys* en gesê: “Here, help my!” 26 Hy het gesê: “Dit is nie reg om die kinders se brood te vat en dit vir die hondjies te gooi nie.” 27 Sy het gesê: “Ja, Here, maar die hondjies eet tog van die krummels wat van hulle eienaars se tafel afval.”+ 28 Toe het Jesus vir haar gesê: “Vrou, jou geloof is groot. Laat dit gebeur soos jy wil hê.” En haar dogter was van daardie uur af gesond.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel