Psalms
’n Gebed van Dawid.
17 Hoor my smeking om geregtigheid, o Jehovah.
Skenk aandag aan my geroep om hulp.
Luister na my gebed, wat in opregtheid gesê is.+
U sal vind dat ek geen slegte planne beraam het nie,
en my mond het nie oortree nie.
4 Maak nie saak wat mense doen nie,
ek bly by die woord van u lippe en vermy die paaie van die rower.+
6 Ek roep u aan, want u sal my antwoord,+ o God.
Skenk aandag aan* my. Hoor my woorde.+
7 Toon u lojale liefde op ’n wonderlike wyse,+
o Redder van dié wat by u regterhand beskerming soek
teen dié wat teen u in opstand kom.
8 Bewaar my soos die appel van u oog.+
Steek my weg in die skaduwee van u vlerke.+
10 Hulle het ongevoelig geword,
en met hulle mond praat hulle hoogmoedig.
12 Hy is soos ’n leeu wat gretig is om sy prooi te verskeur,
soos ’n jong leeu wat wegkruip en wag vir sy kans.
13 Staan op, o Jehovah, om hom teë te staan+ en hom op sy knieë te bring.
Red my van die goddelose met u swaard.
14 Red my met u hand, o Jehovah,
van mense van hierdie wêreld,* wie se deel in hierdie lewe is,+
dié wat u vul met die goeie dinge wat u voorsien+
en wat ’n erfdeel vir hulle baie kinders agterlaat.
15 Maar in regverdigheid sal ek u gesig sien.