Wat glo Jehovah se Getuies?
Gemeenskapsleiers in eerste-eeuse Rome het vir die Christenapostel Paulus gesê: “Ons verlang om van u te hoor wat u dink; want wat hierdie sekte betref, is dit ons bekend dat oral daarteen gespreek word” (Handelinge 28:22). Daardie mense wou van die segsman self hoor, nie net van kritiese buitestaanders nie.
Daar word vandag ook dikwels teen Jehovah se Getuies gepraat, en dit sou ’n fout wees om te verwag dat ’n mens die waarheid omtrent hulle by bevooroordeelde bronne kan hoor. Ons bied dus graag die brosjure met 32 bladsye Jehovah se Getuies in die twintigste eeu aan, wat die opvattinge en werksaamhede van Jehovah se Getuies beskryf. As jy graag ’n eksemplaar wil ontvang, vul asseblief die bygaande koepon in en pos dit.
Ek wil graag die brosjure met 32 bladsye Jehovah se Getuies in die twintigste eeu ontvang. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 5.)