’n Geleentheid wat jy nie moet mis nie
“Doen dit tot my gedagtenis.” Hierdie woorde van ons Here Jesus Christus, soos opgeteken in Lukas 22:19, is geuiter toe hy die herdenking van sy dood ingestel het. Dit is Jesus se dood wat die vooruitsig op die ewige lewe in Paradystoestande vir die mens moontlik gemaak het. Sy dood is dus iets wat ons moet onthou.
Sal jy dit vanjaar herdenk?
Aanvaar asseblief hierdie uitnodiging van Jehovah se Getuies om hierdie belangrike gebeurtenis saam met hulle te herdenk. Hierdie geleentheid sal ná sononder plaasvind op die dag wat met 14 Nisan op die Bybel se maankalender ooreenstem. Vanjaar is daardie datum Saterdag, 26 Maart. Jehovah se Getuies in jou omgewing sal jou kan sê waar en presies hoe laat hierdie geleentheid in julle gemeenskap gevier gaan word.