Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 9/8 bl. 32
  • ’n Wonderlike toekoms vir die planeet Aarde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Wonderlike toekoms vir die planeet Aarde
  • Ontwaak!—1996
Ontwaak!—1996
g96 9/8 bl. 32

’n Wonderlike toekoms vir die planeet Aarde

“NAVORSING toon dat die aarde nou die warmste is wat dit in 600 jaar was”, sê die Globe and Mail van Toronto. In 1995 het ’n hittegolf in die sentrale deel van die Verenigde State tot die dood van meer as 500 mense in Chicago gelei. Daar was soortgelyke uiterste toestande in Indië en Australië, terwyl Engeland “die derde droogste somer in 200 jaar” ondervind het.

Wat is die oorsaak hiervan? Henry Hengeveld, ’n klimatoloog verbonde aan die federale Omgewingsdepartement in Kanada, sê: “Die meeste bewyse dui daarop dat daar ’n waarneembare menslike invloed op die wêreld se klimaat is.” Volgens die verslag in die Globe and Mail “is die eienaardige weer in ooreenstemming met rekenaarmodelle wat die uitwerking naboots van aardverwarming, wat glo veral deur die verbranding van fossielbrandstowwe veroorsaak word”.

Aardverwarming word nog in wetenskapskringe betwis. The New Encyclopædia Britannica sê nietemin: “Mense misbruik die atmosferiese omgewing vinniger as wat hulle dit verstaan.”

Gelukkig vertel die Bybel ons dat die aarde ‘vir ewig bly staan’ (Prediker 1:4). Dit is omdat die Skepper, Jehovah God, nie sal toelaat dat die mens of enige natuurkragte dit vernietig nie. Inteendeel, hy sal “die verderwers van die aarde . . . verderf”.—Openbaring 11:17, 18.

Daarbenewens verseker die Bybel ons dat Jehovah God ’n wonderlike toekoms vir ons planeet, die Aarde, en vir alle gehoorsame mense in die vooruitsig stel. “Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.” Hoe bly is ons tog dat die aarde se toekoms in God se hande is en nie in mense s’n nie!—Psalm 37:11; 72:16; Jesaja 65:17-25; 2 Petrus 3:13.

As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy verdere nommers van die Ontwaak! kan ontvang, kan jy gerus met Jehovah se Getuies in jou omgewing in aanraking kom of skryf na die naaste adres op bladsy 5.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

NASA photo

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel