Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 9/8 bl. 31
  • Waarom die kapelle toemaak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom die kapelle toemaak
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Die nuwe Walliese Bybel—’n verbetering?
    Ontwaak!—1990
  • Steenkool—Swart gesteentes uit die donker dieptes
    Ontwaak!—2005
  • Maak jou los van valse godsdiens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Babilon die Grote
    Redenering uit die Skrif
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 9/8 bl. 31

Waarom die kapelle toemaak

KERKE, kapelle, kore en steenkool—50 jaar gelede nog was dit duidelike tekens dat jy in die mynvalleie van Suid-Wallis is. Dit het gelyk asof jy elke honderd meter ’n Walliese of ’n Engelse Baptistekapel of die ekwivalent vir die Metodiste, Calvinistiese Metodiste, Kongregasionaliste, Presbiteriane, ensovoorts teëkom. Aangesien baie Walliesers hulle landstaal gepraat het, het byna elke godsdiens aparte kapelle vir elke taal gehad. Vyf dekades van televisie en veranderende waardes het dit alles drasties verander.

Die Wallieser Islwyn Jones, wat in Blaenclydach in die Rhondda-vallei woon, het jare daaraan bestee om die lot van die tientalle kapelle van die Rhondda op te teken. Die plaaslike koerant, die Rhondda Leader, het ’n lys uitgegee van byna honderd kapelle, waarvan die meeste uit die 19de eeu dateer, en hulle huidige status aangegee. Die verslag het gesê: “Hierdie pragtige geboue was die polsslag van Rhondda terwyl dit die voorspoedige jare van steenkool beleef het tot die uiteindelike verval van hierdie twee pilare [godsdiens en steenkool] van lewe in die vallei.”

Die lys is kenmerkend van godsdiens se kwynende invloed, nie net in Wallis nie, maar in baie dele van Europa. Agt-en-sestig kapelle word as “tans gesloop” aangegee. Negentien is vir iets anders gebruik. ’n Paar voorbeelde: “omskep in ’n klub vir Aikido-verweerkuns”, “verander in woonstelle”, “omgebou tot ’n pakhuis”, “omskep in ’n inkopiesentrum”, “omskep in ’n apteek”. Een wat nie op die lys is nie, in Penygraig, is baie jare gelede omskep in ’n Koninkryksaal van Jehovah se Getuies vir die florerende Rhondda-gemeente.

Soos die Bybel aangaande “Babilon die Grote”, die wêreldryk van valse godsdiens, voorspel het, droog hulle simboliese waters, die steun van die mense, in baie wêrelddele op. Die politieke elemente van die wêreld gaan binnekort teen godsdiens draai wanneer hulle ‘God se gedagte uitvoer’ en valse godsdiens verwoes, wat Jehovah God se naam en voorneme oral belaster het.—Openbaring 17:5, 15-17.a

[Voetnoot]

a Sien die boek Openbaring—Sy groot klimaks is ophande!, bladsye 258-66, uitgegee deur die Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc., vir breedvoerige inligting oor die lot van Babilon die Grote.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel