Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 11/22 bl. 32
  • Iets wat jongmense vandag nodig het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Iets wat jongmense vandag nodig het
  • Ontwaak!—1996
Ontwaak!—1996
g96 11/22 bl. 32

Iets wat jongmense vandag nodig het

’n Veertienjarige meisie van New Jersey, VSA, het gesê dat sy vroeër vanjaar ’n verslag moes skryf oor “Waarom leerlinge in toetse kul”. Sy het haar boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk skool toe geneem om navorsing te doen. Een van haar skoolmaats het dit opgetel en die opskrifte van die onderafdelings in die inhoudsopgawe begin lees, soos “Seks en sedelikheid” en “Afsprake, liefde en die ander geslag”.

“Kan ek hierdie boek kry?” het die skoolmaat gevra.

“Ek het verduidelik dat dit my eksemplaar is”, het die leerling gesê, “maar dat ek een vir haar sal bring. Toe ek dit bring, het ’n ander klasmaat die boek gesien en my gevra om vir haar ook een te kry. Kort daarna het ek tien Jongmense vra-boeke vir leerlinge gebring wat eksemplare wou hê.”

Die 14-jarige leerling meen dat dit nuttig is om die boek te hê. Sy het gesê: “Ons het hierdie publikasie werklik nodig, aangesien dit deesdae baie moeilik is om ’n jongmens te wees.”

As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy ’n eksemplaar van die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk kan ontvang of as jy wil hê dat iemand jou tuis moet besoek om die waarde van Bybelonderrig met jou te bespreek, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die naaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel