“Ek het aanmoediging en hoop nodig”
Voel jy ooit so? Dit is vandag met baie mense die geval. ’n Vrou van Fort Smith, Arkansas, het aan die wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies in Brooklyn, New York, geskryf en verduidelik:
“Julle boek Kennis wat tot die ewige lewe lei is baie leersaam en inspirerend. Ek het dit in net ’n paar dae van voor tot agter gelees. Dit gee my hoop dat die beloofde nuwe wêreld onder die heerskappy van Jesus Christus binnekort hier sal wees. Ek sien uit na daardie dag.
“Terwyl ek wag dat dit gebeur, moet ek staande bly in hierdie wêreld. Ek word baie ontmoedig deur hierdie alledaagse, vervelige, oninteressante lewe. Ek het aanmoediging en hoop nodig. Julle het gesê dat julle organisasie ’n gratis tuisbybelstudie aanbied indien ons belangstel. Sal julle my asseblief laat weet wat ek moet doen om dit te kry? Ek dink dat hierdie tuisbybelstudie sal help om my aan te moedig.”
Indien jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy ’n eksemplaar van die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei kan ontvang of as jy wil hê dat iemand ’n tuisbybelstudie met jou moet hou, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika of na die naaste adres op bladsy 5.