Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 12/8 bl. 31
  • Hierdie koedoe het onthoul

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hierdie koedoe het onthoul
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Koedoe steek leeus in die skande
    Ontwaak!—1993
  • Ontmoet die ontwykende koedoe
    Ontwaak!—1991
  • Hulle vrees nie meer die einde nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Vigs—Die epidemie duur voort
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 12/8 bl. 31

Hierdie koedoe het onthoul

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN SUID-AFRIKA

’N MOOI koedoebul, ’n wildsbok met indrukwekkende spiraalvormige horings en kenmerkende ore, het ’n skouerhoogte van byna 1,5 meter wanneer hy volgroeid is. Die koei, wat nou wel gewoonlik nie horings het nie, word ook deur haar groot ore gekenmerk. Die koedoe is ’n skaam dier, altyd op sy hoede en gereed om skuiling te soek. Wat dus met Karen in Zimbabwe gebeur het, is merkwaardig.

Soos in die tydskrif African Wildlife berig is, is ’n koedoevers, wat in ’n draadheining verstrengeld gevind is, gered en vir Karen gegee, wat haar ’n paar weke lank met ’n bottel gevoer het. Die vers het vinnig gegroei en in die omgewing van die melkery waar Karen en haar gesin gewoon het, gebly en baie keer saam met die kinders en die honde gespeel. Maar sy het stadigaan na die natuur toe begin terugkeer totdat sy, toe sy byna volgroeid was, glad nie meer naby die plaas gesien is nie.

Ongeveer twee jaar later het Karen op die plaaspad gery en was sy verbaas toe ’n dragtige koedoekoei nie van haar naderende motor weggehardloop het nie. Sy het ook nie weggehardloop toe Karen nader gestap het nie. Teen dié tyd het sy geweet dat dit dieselfde dier moet wees wat sy hans grootgemaak het, en daarom het sy saggies met haar gepraat terwyl sy versigtig nader beweeg het. Die koei het Karen ook herken, want sy het haar kop laat sak en aan haar gesnuffel terwyl sy toegelaat het dat Karen haar omhels!

’n Paar maande later was die koei weer naby die pad—hierdie keer met ’n klein kalfie. Karen het gevoel dat die kalfie voorgestel word deur ’n trotse ma, wat weer eens toegelaat het dat Karen haar vertroetel. Iets soortgelyks het ’n paar weke later gebeur toe dit gelyk het of die koei in werklikheid vir Karen gewag het.

Nog ’n paar maande het verbygegaan en plaaswerkers het kom sê dat hulle dieselfde koedoekoei met ’n vangriem om haar nek gesien het. Hulle het nader aan die koei probeer kom om die vangriem te verwyder, maar die koei het weggehardloop. Karen het dus na haar gaan soek en heeltyd na haar geroep. Nie lank nie of die koei het voor haar verskyn. Karen het daaraan gedink om brood, waarvan die koei baie gehou het, saam te bring, en terwyl Karen haar gevoer het, het haar man die lastige vangriem afgesny.

Die duidelike band wat so lank tussen mens en dier bestaan het, het vir hierdie gesin groot vreugde meegebring.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel