Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 5/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Hierdie Ontwaak! is spesiaal vir ons geskryf’!
    Ontwaak!—1999
  • Laat die pasiënt sy waardigheid behou
    Ontwaak!—1998
  • Wat versorgers kan doen
    Ontwaak!—1998
  • Alzheimer se siekte—Hoe om dit te verwerk
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 5/22 bl. 30

Van ons lesers

Ons leer ons kinders om die skepping lief te hê As deel van ons kinders se opvoeding probeer ons waardering in hulle opbou vir die natuurskoon wat Jehovah so liefdevol voorsien. Ons hou daarvan om die artikels te gebruik wat gereeld in die Ontwaak! verskyn, soos “Winterkoninkie—klein voëltjie, sterk stem” (8 September 1998). Ons kinders reageer entoesiasties daarop! Dit is ’n vreugde om sulke inligting met hulle te bespreek.

K. A., Verenigde State

Nagmerries Ek het werklik die wenke in die nuusbrokkie “Kinders se nagmerries is algemeen” in “Ons beskou die wêreld” waardeer (8 September 1998). My kinders kry nagmerries, maar ek het altyd vir hulle gesê om nie daaroor te praat nie, maar eerder weer te gaan slaap. Ek kan hierdie probleem nou beter hanteer danksy die wenke wat gegee is. Moet asseblief nie ophou om sulke nuttige inligting te druk nie.

R. N., Zimbabwe

Mensvreterleeus Ek het werklik die artikel “Oos-Afrika se ‘gekke spoorlyn’” (22 September 1998) geniet. Maar julle was verkeerd toe julle gesê het dat die mensvreterleeus ’n mannetjie en ’n wyfie was. Hulle was albei mannetjies.

K. B., Verenigde State

“Ontwaak!” het ’n fout gemaak wat hierdie punt betref, en ons waardeer die regstelling.—RED.

Alzheimer se siekte Ek is die hoof van ’n span wat vir ’n groot farmaseutiese maatskappy navorsing doen oor Alzheimer se siekte. Ek het julle uitstekende reeks “Alzheimer se siekte—Hoe om die pyn te verlig” (22 September 1998) dus met groot belangstelling gelees. Ek was hoogs beïndruk deur die deeglikheid waarmee julle hierdie algemene openbare gesondheidsprobleem bespreek het. En as ’n gemeentelike ouer man het ek die praktiese raad in hierdie artikels van onskatbare waarde gevind.

S. S., Verenigde State

Die artikels het my hart geraak omdat my ma al meer as tien jaar aan Alzheimer se siekte ly. Ek wil julle uit my hart bedank vir die manier waarop julle hierdie onderwerp benader het, met takt en agting vir diegene wat daaraan ly.

E. M., Italië

’n Werksmaat wat op die Ontwaak! inteken, het hierdie tydskrif vir my gegee omdat my pa Alzheimer se siekte het. Ek is veral geraak deur die artikel “Laat die pasiënt sy waardigheid behou”. Ek dink nie ’n mens kan hierdie punt oorbeklemtoon nie. Dankie vir die tydige wenke. Ek is seker hierdie artikel het baie mense gehelp.

M. P., Kanada

Ek wil julle uit die diepste van my hart bedank vir die artikels. Sedert my ma in 1986 met Alzheimer se siekte gediagnoseer is, het ons al baie lektuur daaroor gelees. Maar julle artikels het alles oortref wat ons al gelees het wat hartgrondigheid, meegevoel en empatie betref. Julle is so reg wanneer julle sê dat diegene wat deur Alzheimer se siekte geraak word reg tot aan die einde liefde en tere sorg nodig het. My ma kan nie eet of praat nie. Maar die artikel gee ons die krag om selfs meer liefde en toegeneentheid aan haar te betoon.

H. E., Oostenryk

As president van Brasilië se Vereniging van Alzheimer se Siekte wil ek julle graag gelukwens met die artikels. Julle het Alzheimer se siekte en die uitwerking daarvan op gesinne duidelik beskryf. Julle was versigtig om die lyer as ’n individu te respekteer, en julle het eerstehandse ondervindinge gebruik om te toon dat liefde steeds die beste behandeling is.

V. C., Brasilië

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel