Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g00 10/8 bl. 3-4
  • Ons ontsagwekkende heelal—’n Produk van die toeval?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons ontsagwekkende heelal—’n Produk van die toeval?
  • Ontwaak!—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Ons ontsagwekkende heelal
    Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?
  • Hoe het ons heelal hier gekom?—Die geskilpunt
    Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee?
  • Het dit werklik ’n begin gehad?
    Ontwaak!—1999
  • ’n Heelal vol verrassings
    Ontwaak!—2009
Sien nog
Ontwaak!—2000
g00 10/8 bl. 3-4

Ons ontsagwekkende heelal—’n Produk van die toeval?

SOMMIGE mense sê: ‘Ja, ons heelal het heeltemal per toeval ontstaan.’ Ander, veral diegene wat godsdienstig is, stem nie saam nie. Dan is daar dié wat net nie seker is nie. Wat glo jy?

Wat ook al jou beskouing is, jy sal ongetwyfeld saamstem dat ons heelal ’n wonder is. Neem byvoorbeeld die sterrestelsels. Na raming is daar ongeveer 100 miljard sterrestelsels in die sigbare heelal. Elkeen is ’n groep van minder as ’n miljard tot meer as ’n biljoen sterre.

Die meeste sterrestelsels is in swerms van tientalle sterrestelsels tot duisende van hulle gegroepeer. Ons aangrensende sterrestelsel Andromeda is byvoorbeeld al as ons Melkwegstelsel se tweeling beskryf. Hierdie twee enorme sterrestelsels word deur gravitasie bymekaar gehou. Saam met ’n klein aantal ander aangrensende sterrestelsels vorm hulle deel van ’n swerm.

Die heelal bestaan uit tallose galaktiese swerms. Gravitasie hou party swerms bymekaar en vorm superswerms. Maar van daardie vlak af verloor gravitasie sy greep. Wetenskaplikes vind dat die superswerms weg van mekaar af beweeg. Met ander woorde, die heelal dy uit. Hierdie merkwaardige ontdekking gee te kenne dat daar ’n begin was toe die heelal baie kleiner en digter was. Die geboorte van die heelal word dikwels die oerknal genoem.

Party wetenskaplikes twyfel sterk of die mens ooit sal kan uitvind hoe die heelal gebore is. Ander spekuleer oor maniere waarop ons heelal sonder ’n intelligente oorsaak kon ontstaan het. Die tydskrif Scientific American het die onderwerp “Hoe het die heelal begin?” in sy nommer van Januarie 1999 bespreek. Sommige van die wetenskaplikes se teorieë is alreeds te lig bevind. “Ongelukkig”, sê die tydskrif, “sal dit dalk vir sterrekundiges baie moeilik . . . wees om enige van hierdie idees te toets.”

Die idee dat die heelal ’n produk van die toeval is, vereis geloof in wat wetenskaplikes talle “gelukkige ongelukke” of “toevallighede” noem. Die heelal bestaan byvoorbeeld uit ’n oorvloed van die eenvoudigste atome—waterstof en helium. Lewe vereis egter nie net waterstof nie, maar ook ’n oorvloed van komplekser atome, veral koolstof en suurstof. Wetenskaplikes het altyd gewonder waar sulke kosbare atome vandaan kom.

Is dit net toevallig dat die komplekse atome wat nodig is om lewe te onderhou binne-in sekere reusesterre vervaardig word? En is dit net per toeval dat sommige van hierdie reusesterre as supernovas ontplof en hulle skatkamer van seldsame atome vrystel? Sir Fred Hoyle, wat gehelp het om hierdie ontdekkings te maak, het gesê: “Ek glo nie dat enige wetenskaplike wat die bewyse ondersoek het nie tot die gevolgtrekking sal kom dat die wette van kernfisika doelbewus ontwerp is nie.”

Kom ons ondersoek dus die materie waaruit ons heelal bestaan van naderby.

[Venster/Prent op bladsy 4]

DIE INFLASIETEORIE

Party wetenskaplikes glo dat sekere kenmerke van die vroeë heelal, soos die presiese uitdyingstempo daarvan, sonder ’n intelligente oorsaak verklaar kan word. Hulle wend hulle tot ’n teorie of teorieë wat inflasie genoem word. Maar die ‘inflasionêre heelal’-teorie verklaar nie die kwessie van oorspronge nie. Dit vereis geloof in iets wat reeds bestaan het waaruit ons heelal per toeval gebore is.

Volgens die inflasieteorie was die heelal kleiner as ’n atoom en het dit in minder as ’n sekonde tot groter as ons sterrestelsel gegroei. Van daardie tyd af het die heelal glo voortgegaan om teen ’n stadiger, normale tempo uit te dy. Vandag word die sigbare deel van ons heelal as ’n klein deeltjie van ’n groter heelal beskou. Hoewel die sigbare heelal dieselfde ordelike voorkoms in alle rigtings het, beweer inflasieteoretici dat die groter onsigbare deel dalk anders, selfs chaoties, is. “Daar kan nooit ’n waarneembare toets vir inflasie gedoen word nie”, sê die astrofisikus Geoffrey Burbidge. Trouens, die inflasieteorie bots met nuwe bewyse wat op waarnemings gegrond is. Hulle besef nou dat ’n spekulatiewe nuwe antigravitasiekrag sou moes bestaan het as die teorie waar was. Een wetenskaplike, Howard Georgi van Harvard-universiteit, het inflasie beskryf as “’n wonderlike soort wetenskaplike mite, wat ten minste so goed is soos enige ander skeppingsmite wat ek al gehoor het”.

[Prent op bladsy 3]

Byna elke voorwerp in hierdie beeld wat van die Hubble-ruimteteleskoop verkry is, is ’n sterrestelsel

[Erkenning]

Bladsye 3 en 4 (verdof): Robert Williams and the Hubble Deep Field Team (STScI) and NASA

[Prente op bladsy 4]

“Die wette van kernfisika [is] doelbewus ontwerp.”—Sir Fred Hoyle, met die supernova 1987A op die agtergrond

[Erkennings]

Dr. Christopher Burrows, ESA/STScI and NASA

Photo courtesy of N. C. Wickramasinghe

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel