Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 1/8 bl. 31
  • ’n Indrukwekkende video word goed gebruik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Indrukwekkende video word goed gebruik
  • Ontwaak!—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Sy het meer bereik as wat sy verwag het
    Ontwaak!—2003
  • Hoe kan ek met my onderwyser oor die weg kom?
    Jongmense vra
  • Hoe kan ek met my onderwyser oor die weg kom?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
  • Hulle het hulle belofte nagekom!
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Ontwaak!—2001
g01 1/8 bl. 31

’n Indrukwekkende video word goed gebruik

TOE sy maar net 12 jaar oud was, het Tillie ’n geleentheid benut om by die skool te getuig. Die klas het van die Tweede Wêreldoorlog geleer, en die Slagting tydens die Nazi-era het ter sprake gekom. Tillie het vir haar onderwyseres vertel dat nie net Jode nie, maar ook Jehovah se Getuies gedurende hierdie verskriklike tydperk gemartel en doodgemaak is. Die onderwyseres het Tillie toestemming gegee om die video Purple Triangles klas toe te bring. Voor die video vertoon is, het die onderwyseres vir die klas gesê: “Omdat daar so baie Jode gedurende die Slagting doodgemaak is, is baie ander wat vervolg is oor die hoof gesien. Jehovah se Getuies is een van hierdie groepe.”

Die onderwyseres was so beïndruk met die video dat sy dit vir ’n ander onderwyseres geleen het om in haar klas te gebruik. Tillie het onthou dat haar graadvieronderwyser se broer gedurende die Slagting deur die Nazi’s doodgemaak is. Sy het die video ook vir hierdie onderwyser geneem, en hy het nog dieselfde aand daarna gekyk.

Altesaam meer as 60 mense het Purple Triangles gesien, en baie belangstelling is gewek. Dit het alles gebeur omdat ’n jong meisie die moed gehad het om oor haar geloof te praat.—Psalm 8:2.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel