’n Hulp om uitdagings die hoof te bied
DIE takkantoor van Jehovah se Getuies in Sri Lanka het ’n brief ontvang van die sekretaris van die Jeug- en Mensebronne-ontwikkelingsgenootskap in die Oostelike Provinsie. Die sekretaris het sekere ouer nommers van die Ontwaak! aangevra en gesê:
“Ek en my kollegas het gevind dat die tydskrifte wat julle vir my gestuur het opvoedkundig, insiggewend en aanmoedigend is, sowel as logies en oortuigend. Die tydskrifte verkondig nie, soos party verkeerdelik sal sê, Christelike leerstellings met enige bybedoelings nie. Ek vind dat dit uitstekende lektuur is.
“Daar is ’n toenemende aanvraag na die Ontwaak! (nuwes sowel as oues), en alles dui daarop dat hierdie aanvraag in die komende maande sal toeneem. Die artikels in julle tydskrifte voorsien inligting aan die bejaardes, jongmense en kinders. Dit help almal om die hedendaagse en toekomstige uitdagings van sekularisme die hoof te bied.”
Mense van alle ouderdomme het nog nooit in die geskiedenis voor die uitdagings te staan gekom soos dié van vandag nie. Baie wonder veral wat die toekoms inhou en of daar ’n God is wat vir hulle omgee. Hierdie vrae word op ’n bevredigende manier beantwoord in die brosjure Gee God werklik vir ons om? Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die brosjure Gee God werklik vir ons om? by my af.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.