Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g04 7/22 bl. 31
  • Het jy al ooit ’n steltwortelpalm gesien?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het jy al ooit ’n steltwortelpalm gesien?
  • Ontwaak!—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Besoek aan ’n eksotiese tuin
    Ontwaak!—1999
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2004
  • Die oliepalm—’n meerdoelige boom
    Ontwaak!—1999
  • Die veeldoelige oliepalm
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Ontwaak!—2004
g04 7/22 bl. 31

Het jy al ooit ’n steltwortelpalm gesien?

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN PERU

STELTWORTELPALMS kom algemeen voor in party wêrelddele. Maar waarom sou ’n palm stelte nodig hê? Omdat die eerste wortel van ’n palm ophou groei wanneer dit ’n sekere grootte bereik, terwyl die res van die plant aanhou groei. Die stam vorm dus meer wortels, wat ondertoe groei en soos stelte lyk.

Steltwortelpalms is veel meer as net interessante plante. Dit bied skuiling aan klein diertjies wat tussen die wortels wegkruip. Die mens vind ook daarby baat. In party lande gebruik plaaslike inwoners die hout om hulle huise mee te bou, insluitende die vloer, en hulle gebruik die blare vir dakbedekking, om besems te maak en om mandjies te weef. Party mense wat ver van tropiese reënwoude af woon, het dalk al ’n pragtige kierie gebruik of op ’n duursame parketvloer geloop wat van steltwortelpalmhout, met sy pragtige donkerkleurige are, gemaak is.

Soos baie palms is steltwortelpalms ook ’n voedselbron. Die meeste het ’n eetbare, smaaklike hart. Aangesien die vraag na hierdie eksotiese lekkerny toegeneem het, word sekere palmsoorte ongelukkig net vir die sagte, smaaklike hart afgekap en die res van die boom op die grond agtergelaat.

[Prente op bladsy 31]

Talle nuttige produkte word van steltwortelpalms verkry

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel