Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 28
  • Hoe baba Moses gered is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe baba Moses gered is
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Moses het gekies om Jehovah te aanbid
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • “Sing vir Jehovah”!
    Volg hulle geloof na
  • Iets van groter waarde as die skatte van Egipte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Moses—Mens of mite?
    Ontwaak!—2004
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 28
Moses se suster Mirjam praat met Farao se dogter

VERHAAL 28

Hoe baba Moses gered is

KYK hoe huil die babatjie en hoe hou hy die vrou se vinger vas. Dit is Moses. Weet jy wie die mooi vrou is? Sy is ’n Egiptiese prinses, Farao se eie dogter.

Moses se ma het hom weggesteek totdat hy drie maande oud was, want sy wou nie hê die Egiptenaars moet hom doodmaak nie. Maar sy het geweet dat hulle Moses miskien sou kry. Kyk wat het sy toe gedoen om hom te red.

Sy het ’n mandjie gevat en dit gemaak sodat daar geen water kon inkom nie. Toe het sy Moses daarin neergelê en die mandjie in die lang gras langs die Nylrivier gesit. Moses se suster, Mirjam, is aangesê om daar naby te staan en te kyk wat gebeur.

Baba Moses lê en huil in die mandjie

Kort daarna het Farao se dogter na die Nylrivier toe gekom om te bad. Skielik het sy die mandjie in die lang gras gesien. Sy het vir een van haar diensmeisies gesê: ‘Gaan haal daardie mandjie vir my.’ Wat ’n pragtige baba het die prinses tog gesien toe sy die mandjie oopmaak! Klein Moses het gehuil, en die prinses het hom jammer gekry. Sy wou nie hê hy moet doodgemaak word nie.

Toe het Mirjam nader gekom. Jy kan haar in die prent sien. Mirjam het vir Farao se dogter gevra: ‘Sal ek ’n Israelitiese vrou gaan roep om die baba vir u te soog?’

‘Asseblief’, het die prinses gesê.

Mirjam het gou na haar ma toe gehardloop en haar daarvan vertel. Toe Moses se ma by die prinses kom, het die prinses gesê: ‘Neem hierdie baba en soog hom vir my, en ek sal jou daarvoor betaal.’

So kon Moses se ma haar eie kind versorg. Later, toe Moses oud genoeg was, het sy hom na Farao se dogter toe geneem, en sy het hom as haar eie seun aangeneem. Dit is hoe dit gebeur het dat Moses in die huis van Farao grootgeword het.

Eksodus 2:1-10.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel