Profetiese tipes en beskrywings van mense wat nou lewe en wat die aardse gebied van God se Koninkryk sal beërf
Afgeskadu deur die volgende groepe of individue:
(1) Noag se seuns en skoondogters (Genesis 6-9).
(2) Lot en sy dogters (Genesis 19).
(3) Josef se tien berouvolle halfbroers (Genesis 37, 42-45).
(4) Verhongerde Egiptenaars wat hulself aan Josef verkoop het (Genesis 41; 47:13-26).
(5) Mense van gemengde bloed wat Egipte saam met Israel verlaat het (Exodus 12:38).
(6) Twaalf nie-Levitiese stamme van Israel op Versoendag (Levitikus 16; Mattheüs 19:28).
(7) Vreemdelinge in Israel (Levitikus 19:34).
(8) Hobab, die swaer van Moses (Numeri 10:29-32).
(9) Ragab van Jerigo (Josua 2, 6).
(10) Gibeoniete wat vrede met Israel gesoek het (Josua 9, 10).
(11) Jael, die vrou van Heber, die Keniet (Rigters 4, 5).
(12) Jonatan, die seun van koning Saul (1 Samuel 18; 23:16, 17).
(13) Uitlanders wat saam met Dawid geveg het (2 Samuel 15:18-22).
(14) Die koningin van Skeba (1 Konings 10).
(15) Naäman, wat van melaatsheid genees is (2 Konings 5).
(16) Jonadab, die seun van Regab (2 Konings 10:15-28).
(17) Uitlanders wat na Jehovah se tempel toe gebid het (2 Kronieke 6:32, 33).
(18) Nethinim (tempelbediendes) en kinders van nie-Israelitiese dienaars van Salomo (Esra 2, 8).
(19) Regabiete (Jeremia 35).
(20) Ebed-Meleg, die Kusiet (Jeremia 38; 39:16-18).
(21) Berouvolle Nineviete (Jona 3).
Daarbenewens word hulle profeties soos volg beskryf:
(1) Geslagte van die aarde wat geseën word deur middel van Abraham en sy saad (Genesis 12:3; 22:18).
(2) Nasies wat saam met Jehovah se volk bly is (Deuteronomium 32:43, NW).
(3) Regverdiges, die wat op Jehovah hoop (Psalm 37:9, 29).
(4) Jonkvroue, vriendinne van die bruid (Psalm 45:15).
(5) Opregtes en regskapenes (Spreuke 2:21).
(6) Nasies wat by Jehovah se huis onderrig word en in sy paaie wandel (Jesaja 2:2-4).
(7) Nasies wat hulle vraend na die Banier wend (Jesaja 11:10).
(8) Nasies wat uit die duisternis kom (Jesaja 49:6, 9, 10).
(9) Nasies wat nie voorheen geken is nie (Jesaja 55:5).
(10) Uitlanders wat Jehovah dien en sy naam liefhet (Jesaja 56:6).
(11) „Rykdom van die see”, „skatte van die nasies”, die wat „aangevlieg kom soos ’n wolk en soos duiwe” (Jesaja 60:5, 6, 8).
(12) Vreemdelinge wat Israel se vee oppas, uitlanders wat sy landbouers en wynboere is (Jesaja 61:5).
(13) Diegene wat teken op voorhoof ontvang van man met skrywer se inkpot (Esegiël 9).
(14) Persone wat die naam van Jehovah aanroep en gered word op sy deurlugtige dag (Joël 2:32).
(15) Skatte van al die nasies (Haggai 2:7).
(16) Nasies wat hulle „by [Jehovah] aansluit” (Sagaria 2:11).
(17) ‚Tien man wat die slip van ’n Jood gryp’ (Sagaria 8:23).
(18) Nasies aan wie Koning vrede verkondig (Sagaria 9:10).
(19) „Skape” wat goed doen aan Koning se broeders (Mattheüs 25:31-46).
(20) Berouvolle verlore seun (Lukas 15:11-32).
(21) „Ander skape” wat na die Goeie Herder se stem luister (Johannes 10:16).
(22) Persone wat geloof stel in Christus en „nooit sterwe” nie (Johannes 11:26).
(23) Skepping wat bevry sal word van slawerny van verganklikheid en heerlike vryheid van kinders van God sal geniet (Romeine 8:20, 21).
(24) Persone van die wêreld wat die ewige lewe verkry weens hulle geloof in God se Seun (1 Johannes 2:2; Johannes 3:16, 36).
(25) „Groot menigte” wat dag en nag in Jehovah se tempel dien (Openbaring 7:9-17).
(26) Enigiemand wat die water van die lewe drink en self vir ander sê: „Kom!” (Openbaring 22:17).
Die voorgaande is slegs dié wat in hierdie boek bespreek of vermeld is.