Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • je bl. 12-13
  • Gemeentes tot opbouing in liefde en eenheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gemeentes tot opbouing in liefde en eenheid
  • Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd
  • Soortgelyke materiaal
  • Opsieners wat as herders oor die kudde toesig hou
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Laat die gemeente opgebou word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Hoe dien die ouer manne die gemeente?
    Wie doen vandag Jehovah se wil?
  • Opsieners—wees goeie voorbeelde vir “die kudde”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Sien nog
Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd
je bl. 12-13

Gemeentes tot opbouing in liefde en eenheid

Jy het moontlik al gemeentelike vergaderinge van Jehovah se Getuies in jou omgewing bygewoon. Daar was mense van alle agtergronde aanwesig—gesinne, ongetroudes, oud en jonk. Hulle was almal verenig in hulle aanbidding en het daarin belanggestel om ander te help.

In enige reëling waar ’n groot aantal mense eendragtig wil saamwerk, moet daar toesig wees. God is ’n God van orde; gevolglik moet daardie orde ook in die gemeente van sy volk weerspieël word. Soos in die eerste eeu, word daar vandag bekwame, ryp en ervare Christenmanne as ouere manne, of opsieners, aangestel. Hulle hou toesig oor die gemeente en voorsien in sy geestelike behoeftes. Hulle word bygestaan deur ander getroue manne bekend as bedieningsknegte (diakens). Hierdie manne ontvang geen salaris of ander geldelike vergoeding nie, maar dien vrywillig en dra hulle eie koste, gewoonlik deur middel van ’n sekulêre betrekking.—1 Korinthiërs 14:33, 40; Filippense 1:1; 1 Timotheüs 3:8, 9.

Hoe word hulle gekies? Hulle moet getroue knegte van God wees wat aan sekere Skriftuurlike vereistes voldoen. Onder hierdie vereistes is die volgende: ‘Nugterheid, ingetoënheid, fatsoenlikheid, gasvryheid, bekwaamheid om te onderrig, en vriendelikheid; die persoon moenie ’n geldgierige wees nie; hy moet sy eie huis goed regeer; hy moenie ’n nuweling wees nie; hy moet ’n goeie getuienis van die buitestaanders hê’; ‘hy moet vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is’.—1 Timotheüs 3:1-15; Titus 1:7-9.

Hierdie manne word nie deur die gemeente, waarvan die meeste lede betreklik nuwe Christene kan wees, tot die amp verkies nie. Hulle word eerder aanbeveel deur ryp en ervare manne wat self ouere manne is en wat kan onderskei in watter mate ’n persoon aan die Skriftuurlike vereistes voldoen. Die aanstelling van ouere manne en bedieningsknegte word dan onder toesig van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies gedoen, ooreenkomstig die voorbeeld wat deur die Christengemeente in die eerste eeu gestel is.

Hierdie ouere manne, of opsieners, vorm nie ’n geestelikeklas nie; hulle is nie heersers oor ander nie. Soos Jesus gesê het, moet die wat die leiding neem die diensknegte van almal wees. In die gemeente van Jehovah se Getuies is die ouere manne inderdaad medewerkers vir die Koninkryk van God.—Mattheüs 20:26, 27; 23:8-11; Romeine 12:8; 1 Korinthiërs 3:5; 4:1, 2; Kolossense 4:11; 1 Thessalonicense 5:12-14

As opsieners het hulle toesig oor die onderrigting by vergaderinge en neem hulle die leiding in die predikingswerk. Een van die belangrikste oogmerke van die gemeente is om die goeie nuus van die Koninkryk in sy toegewese gebied te verkondig. Opsieners dien ook as herders wat gemeentelede besoek om hulle te bemoedig, na gelang van die behoefte.—Mattheüs 24:14; Handelinge 1:8; 1 Thessalonicense 2:11, 12; 5:14, 15; 2 Timotheüs 2:24-26; Hebreërs 13:17; Jakobus 5:13-16; 1 Petrus 5:1-4.

Die ouere manne het ook die verantwoordelikheid om persone tereg te wys en te tug indien hulle ’n verkeerde weg inslaan en moontlik ’n gevaar inhou vir die geestelike en morele reinheid en die eenheid van die gemeente.—1 Korinthiërs 5:4, 5, 7, 11-13; Titus 1:9; 2:15; 3:10, 11.

Jy sal aangename kameraadskap en talle geestelike voordele geniet deur gereeld met die gemeente om te gaan.—Psalm 35:18; 84:10 84:11.

• Wie hou toesig oor die werksaamhede van individuele gemeentes?

• Op watter grondslag word opsieners gekies?

• Wat is hulle verantwoordelikhede?

[Prente op bladsy 13]

Opsieners onderrig die gemeente, neem die leiding in die prediking van huis tot huis, bemoedig ander deur herdersbesoeke, gee raad en teregwysing wanneer nodig

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel